AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Verdagte vas ná plaasmoord by Roedtan

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
’n Verdagte is aangekeer ná die moord op mnr. Nico (Nicky) Janse van Rensburg (35) Vrydagaand op ’n plaas in Limpopo.

Lt. genl. Thembi Hadebe, provinsiale polisiekommissaris, het die ondersoekspan geloof wat onverpoosd werk om verdagtes aan te keer ná die plaasaanval in die Nyl-gebied noord van Roedtan.

Luidens ’n polisieverklaring het vyf mans in ’n wit Toyota Corolla met ’n onbekende registrasienommer omstreeks 18:00 Vrydagaand op die plaas Derdekraalpoort in die Waterburg-distrik opgedaag onder voorwendsel dat hulle daar is om melk te koop.

’n Minderjarige vriend van Janse van Rensburg was alleen op die plaas en is in die woning aangehou. Toe Janse van Rensburg en sy lewensmaat later op die plaas aankom, is hulle ook deur die oorblywende vier verdagtes met vuurwapens aangehou. Volgens Netwerk24 is die lewensmaat me. Veronica (Katryn) Grobler.

Sy en die minderjarige is vasgebind en die rowers het geld van Janse van Rensburg geëis. Hy is met ’n ysterpyp oor die kop geslaan en gedwing om die kluis se sleutel te oorhandig.

Hulle het hom daarna na bewering ontwapen, doodgeskiet en met ’n geweer uit die kluis, selfone, rekenaar en ander waardevolle artikels in die voertuig gevlug. Grobler en die 15-jarige seun was deur die nag vasgebind in die huis en kon eers Saterdagoggend hulp ontbied.

’n Span ondersoekers is op bevel van Hadebe byeengekry om die verdagtes op te spoor en die voertuig is by Moletji in die Seshego-polisiegebied gewaar. Die voertuig is deursoek en daar is beslag gelê op twee 9 mm-pistoolmagasyne, 30 rondes ammunisie en twee ander magasyne. ’n Verdagte is in hegtenis geneem.

Brig. Motlafela Majopelo, polisiewoordvoerder in die provinsie, sê daar word steeds gesoek na die ander vier verdagtes. Mense met inligting wat kan help, word gevra om lt.kol. Justice Ngobeni by 082 565 8328, speur-adjunkoffisier Sbongile Maria Lekalala by 082 414 1822 of 082 925 2479 of die Stop Misdaad-nommer 086 001 0111  te kontak.

 

Aanslag op boere

Die VF Plus het intussen die plaasaanval veroordeel en sê daar is geen twyfel nie dat die aanslag op boere in felheid toeneem ná die hofuitspraak dat die struggle-lied “Kill the boer” nie haatspraak is nie.

Mnr. Marcelle Maritz, partyleier in Limpopo, wat die slagoffer se woning oor die naweek besoek het, sê die erns van die situasie verg nou dat die regering gedwing moet word om plaasaanvalle en plaasmoorde tot voorrangmisdaad te verklaar. “Nog leë woorde en ’n duidelike gebrek aan politieke wil om aan hierdie soort misdaad voorkeur te verleen, gaan moontlik lei tot ’n situasie waar landelike gemeenskappe geregtigheid in  eie hande gaan neem.”

Hy vra landelike gemeenskappe om aan te sluit by georganiseerde veiligheidstrukture in hul omgewing om hulself binne die raamwerk van die wet te beveilig en verdedig.

Mnr. Henk van de Graaf, noordelike voorsitter van TLU SA, sê ook die uitspraak in die gelykheidshof oor “Kill the boer” kan ’n rol speel in die toename in plaasaanvalle. “ ’n Verkeerde boodskap wat in die gemeenskap ingaan, word maklik verkeerd hanteer.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
+0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons probeer
Ek is vriendelik en bedagsaam. Ek hou van sport en vat die lewe soos dit kom. Ek hou van die buitelewe en kamp.
Bok vir Sports
Ek is vreeslik besig kan nie stil sit nie ek is mal daaroor om alles saam my beter helfde te doen solank hy game is vir enige iets.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot