AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9340
-83,00
CORN
28 Sep
-
4851,2
34,20
SOYA
28 Sep
-
9364
-33,00
SUNS
28 Sep
-
9975
79,00
WEAT
28 Sep
-
7046
-7,00
WMAZ
28 Sep
-
4888
48,00
YMAZ
28 Sep
-
4737,8
55,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Verdagtes gesoek ná diefstal van R100 000 se bokhaar

akkreditasie
Foto: Fredalette Uys
Foto: Fredalette Uys
Twee mans het ses bale bokhaar van R100 000 by ’n onderneming in Gqeberha gesteel.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die mans het vir ’n werknemer wat besig was om die gebou te sluit, gesê hulle wil bokhaar koop. Hulle het egter die werknemer in sy kantoor oorval, vasgebind en sy oë toegebind. Hulle het die bale bokhaar daarna op ’n sleepwaentjie gelaai het. Een baal is later in ’n nabygeleë straat gevind.

Volgens Naidu is die verdagtes nog op vrye voete.

Mnr. Pierre van der Vyver, hoofbestuurder van House of Fibre, ’n makelaar van bokhaar, sê daar was ’n paar jaar gelede ’n probleem met die diefstal van bokhaar op plase, maar danksy daadwerklike optrede deur die bedryf is die probleem intussen opgelos.

“Met die hulp van makelaars is die skuldiges in hegtenis geneem en die probleem is grootliks hokgeslaan. Die veilingsmakelaars het ook vrywillig besluit om nie bokhaar aan te koop as die verkoper nie kan bewys hy boer nie.”

Daarby het boere sekuriteit op plase verskerp en hulle is baie meer bewus van die probleem.

Intussen is die probleem nou verskuif na stedelike areas, waar die diefstal dikwels met kapings saamgaan. Volgens Van der Vyver moet die vraag gevra word of die diewe hul oog eerder op die vragmotors het as op die bokhaar wat vervoer word.

Luidens ’n berig op Herald Live is ’n vragmotor met ’n vrag bokhaar ter waarde van R4 miljoen is in September verlede jaar in Uitenhage gekaap. Die leë vragmotor is later deur Gqeberha se honde-eenheid teruggevind in Gqeberha. Die eienaar het die bale bokhaar langs die veld opgemerk terwyl hy op pad na die polisiekantoor was.

Herald Live het in September 2019 berig twee vragmotors met vragte van ’n totale waarde van bykans R5 miljoen is gekaap, en daar is vermoed dat ’n sindikaat agter die kapings gesit het.

Die een vrag bokhaar is later deur die polisie opgespoor. Lees hier meer daaroor.

Sindikate

Volgens Van der Vyver sal dit moeilik wees om gesteelde bokhaar op ’n veiling te verkoop, maar “daar is smouse wat nie vrae vra nie”. Dié diefstal sal egter net moontlik wees vir kleiner hoeveelhede bokhaar. Om deur die amptelike stelsel te kom, moet hulle saamwerk met ’n boer wat ’n produsentenommer het. Hoewel dit moontlik is, is dit onwaarskynlik.

Van der Vyver sê dit wil voorkom asof die pogings in die afgelope jare die werk van sindikate is, en daarom is dit onduidelik wat die werklike teiken vir die diefstal is.

“Met groot hoeveelhede onverwerkte bokhaar is dit onmoontlik om ongemerk tot die mark toe te tree. Die gekaapte bokhaar het ook nêrens opgeduik nie. Slegs ’n verwerker kan dit opneem. Daar is net twee en hulle word nie verdink nie.”

Volgens Van der Vyver was daar bespiegeling dat die bokhaar gebruik word as verpakkingsmateriaal om renosterhoring of perlemoen te versteek. ’n Forensiese deskundige het dié moontlikheid ondersoek, maar hy kon dit nie bewys nie.

Nog ’n raaisel wat uitgepluis moet word, is hoekom net een spesifieke maatskappy se bokhaar gesteel is.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
+1.0%
Rand - Pond
19.42
-0.5%
Rand - Euro
17.37
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,659.31
+1.9%
Silwer
18.90
+2.8%
Palladium
2,150.51
+3.6%
Platinum
865.78
+1.4%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,413
-0.4%
Alle aandele
63,808
-0.3%
Hulpbronne 10
57,878
+1.5%
Industriële 25
78,523
-1.0%
Finansiële 15
14,099
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot