Een van die grootste foute wat boere in Zimbabwe gemaak het, was om onderling met mekaar te baklei.
Suid-Afrikaanse boere moet by hulle leer, sê mnr. Deon Theron, voorsitter van die kommersiële landbou-unie (CFU) in Zimbabwe. Hy het op die TLU SA se kongres in Pretoria gesê die oorblywende boere in sy land beywer hulle nou vir eenheid omdat hulle besef verdeeldheid is tot hul eie nadeel.
“Verskil van mekaar, maar hou dit onder mekaar. Moenie jul geskille in die openbaar uitbou nie, want die politici sal dit uitbuit en aanwakker. Verdeeldheid is tot hulle voordeel.”
Theron sê in ’n poging om hul grond in Zimbabwe terug te kry óf om daarvoor vergoed te word, gebruik die CFU die media en die regstelsel. “Die regering wil hê ons moet ons weerhou om die media te gebruik, want die onthullings oor ongerymdhede maak hom seer.”
Hy sê hulle gaan ook voort met regstappe binne Zimbabwe,binne die streek en selfs internasionaal. Volgens hom het die situasieop die grond nog nie verander nie.
“Solank ons ’n diktator het, sal nie veel verander nie, maarons probeer die grondslag lê vir ’n pad vorentoe. Dit is steeds nag, maar ons het geleer om indie donker te sien.”
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 24 September.
17 September 2010