AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Verdien meer vir wild met jou reputasie

Jy koop op ’n gerespekteerde wildveiling meer as net ’n dier; jy kry ’n saamboerplan.

Die sakeman en wildboer Lood Bester het ingewillig om sy beleggingskennis in ’n nuwe, gereelde rubriek uit te ruil:

Wildpryse het verlangsaam, maar die mark is beslis nie dood nie. Heelwat lesse is geleer. Een daarvan is dat jy op ’n gerespekteerde veiling meer as net ’n dier koop; jy kry ’n saamboerplan.

Die wildbedryf bevind hom nou vierkant in ’n kopersmark. Vir baie wildtelers is dit ’n aanpassing van die verkopersmark wat tot sowat twee jaar tot drie jaar gelede geheers het. Die verkoper was in ’n posisie om te besluit aan wie hy sy bok wou verkoop en teen watter prys, maar deesdae besluit die kopers waar en wat hulle wil koop.

Die aanbod is voldoende en die koper kan keuses uitoefen. Boonop is mense in die wildbedryf nou opgevoed, en almal het meer kennis en ondervinding. Vyf jaar gelede het ek self nog op ’n veiling gekom en sommer ’n swartwitpens gekoop net omdat hy vir my mooi gelyk het. Deesdae is ek meer oordeelkundig.

Ek kyk wie se veiling dit is en wie die name agter die telersgroep is. Dan gaan kyk ek na die bokke en hul data. Op grond daarvan besluit ek wat ek wil betaal. Die wiel het dus gedraai en kopers het die hef in die hand.

Die goeie reputasie van ’n teler dra deesdae dus ál meer gewig, nie net eerlikheid met betrekking tot die individu nie, maar ook die veiling en die telersgroep se rekord oor die jare.

Saamboerplan verkoop

Gaan kyk maar na die name agter suksesvolle veilings, soos die onlangse Golden Breeders-veiling. Dié groep telers het ’n goeie reputasie vir puik naverkopediens; gesonde, teelkragtige diere wat uit hul teelkampe kom; en akkurate data wat DNS, ouderdom, herkoms, bloedlyne en horinglengtes betref.

Elke teler in dié groep verbind hom tot naverkoopwaarborge wat onder meer veilige vervoer, versekering en kleurlammers of –kalwers van sekere gesplete geen-diere insluit. Dit is wat die meeste van die groot telersgroepe reg doen – hulle loop die pad saam met die koper.

Hulle staan kopers, veral as hulle nuwe toetreders is, by met raad oor alle aspekte van hul boerdery, of dit nou is om vir jou te sê hoe jou drade moet lyk of watter voer die beste vir watter bok in watter stadium is. Daar word byna ’n hele mentorskap saam met hul wild verkoop.

Hierdie telers staan hul kliënte dikwels op lang termyn ook by met besluite oor teelmateriaal en teling, hulle help kopers met ’n plan en in baie gevalle word hul kliënte later genooide verkopers op hul veilings. Dit is dus nie net ’n verkooptransaksie nie, dit is byna ’n saamboerplan. By sulke verkopers se veilings steek kopers hul hand met gemoedsrus op. Hulle is selfs bereid om ’n premie te betaal vir die wild wat hulle daar koop.

Aanvaar pryse

Met dit alles gesê, moet selfs die beste telers en groepe besef dat die wildmark gestabiliseer het en dat wegholpryse op veilings eerder die uitsondering as die reël geword het. Hulle moet die markneigings respekteer en die pryse wat aangebied word, aanvaar.

Jou akkurate inligting, jou reputasie as teler, die langtermynverbintenis tot jou produk en jou respek vir jou kopersmark se aanbod gaan op lang termyn jou wild se pryse ondersteun. Selfs wanneer jou koper effe meer betaal vir jou bok, gaan dit vir hom ’n winskoop wees. As ’n mens mooi daaroor dink, kom dit terug na normale sakebeginsels in ’n mededingende mark.

Jy moet jou kliënt gelukkig hou. In die verlede was dit ’n transaksie; deesdae is dit ’n proses.

• Mnr. Lood Bester is die besturende direkteur van Wildswinkel, ’n handelspos wat wild regstreeks by boere koop en weer van die “rak” af verkoop.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.87
-1.3%
Rand - Pond
20.13
+0.5%
Rand - Euro
17.59
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.47
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Goud
1,706.45
-1.2%
Silwer
20.08
-4.7%
Palladium
2,225.00
-4.2%
Platinum
910.50
-2.5%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,087
-1.3%
Alle aandele
65,498
-1.2%
Hulpbronne 10
63,533
-1.6%
Industriële 25
79,065
-1.3%
Finansiële 15
13,956
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Natuurliefhebber
Alles in natuur , kamp wildtuine road trips tent chalets . Wil eerlikheid he , vrede vreugde en geluk met n gebalanseerde verhouding en moet mekaar kan ondersteun deur dik en dun
Kom ons skryf on eie verhaal
Baie vriendelik. Ek hou daarvan om in die buitelig te wees. Ek hou daarvan om in natuur. Ek doen scuba diving en ballroom dans. Ek hou daarvan om n iewers te gaan sit waar dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot