AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9610
22,00
CORN
30 Sep
-
4857
-7,00
SOYA
30 Sep
-
9460
68,00
SUNS
30 Sep
-
10185
-20,00
WEAT
30 Sep
-
7113,2
13,20
WMAZ
30 Sep
-
4911
19,00
YMAZ
30 Sep
-
4874,8
23,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Verdoorn op oorlogspad oor ‘slangspoeg’

Die gefragmenteerde regulering van dieremedisyne in Suid-Afrika laat boere weerloos teen kansvatters wat ongeregistreerde middels verkoop.

Dr. Gerhard Verdoorn, direkteur van die Griffon-gifinligtingsentrum en konsultant van die Suid-Afrikaanse Dieregesondheidsvereniging (SADGV) is op die oorlogspad teen die gebruik van medisyne wat nie deur behoorlike toets- en registrasieprosesse goedgekeur is nie – die veterinêre ekwivalent van vitamienaanvullings en homeopatiese middels wat as medisyne bemark word.

Verdoorn het verlede Januarie ’n klag by verskeie owerhede ingedien teen Disease Control Africa (DCA), ’n veeartsenypraktyk en navorsingsfasiliteit in Pretoria wat entstowwe ontwikkel en versprei. Hy voer aan DCA vervaardig ongeregistreerde entstowwe wat sonder ’n permit vervaardig word en as veemedisyne oor ’n toonbank verkoop word.

Dr. Daan Goosen, ’n veearts en eienaar van DCA, sê egter dit is nie nodig om hul produkte te registreer nie, want dit word nié oor die toonbank verkoop nie. Koöperasies behartig bloot die administrasie van transaksies tussen boere en sy maatskappy.

Doelgerigte samestellings aan boere

“Boere van regoor die land kontak ons met ’n probleem en dan gaan sien ons hulle, stel ’n entstof met ’n voorskrif saam en stuur dit aan hulle. Ons verskaf doelgerigte samestellings aan boere om siektes en plae aan te pak,” sê hy.

Mnr. Martin Marais, ’n skaapboer van Victoria-Wes, sê as dit nie vir dr. Goosen was nie, sou hy lankal nie meer geboer het nie. “In 2010 het ek ’n geboortepersentasie van 50 gehad. Ek het daardie jaar skaars 30 hammellammers uit 500 teelooie verkoop. Uit desperaatheid het ek dr. Goosen gekontak. “Hy was seker vyf maal op die plaas, het monsters geneem en vir my entstowwe ontwikkel. Vanjaar het ek ’n geboortepersentasie van bykans 140 en gaan verseker ’n speenpersentasie van meer as 100 hê,” sê hy.

Verdoorn waarsku egter die gebruik van sulke middels hou groot gevaar in in gevalle waar hulle nie werk nie. “Dit stel kuddes aan siektes bloot wat met geregistreerde middels onder beheer sou wees. Daar is ’n sterk vermoede dat sommige siekte-uitbrekings aan die gebruik van ongeregistreerde, ondoeltreffende middels toegeskryf kan word.

Ongeregistreerde entstowwe

“Aanmeldbare siektes, soos slenkdalkoors, brucellose en Afrika-perdesiekte, asook gevaarlike siektes, soos bloutong en knopvelsiekte, kan buite beheer epidemies raak as boere dit met ongeregistreerde entstowwe probeer bestuur.

“Wet 36 van 1947 is ondubbelsinnig oor veemiddels. Dit bepaal dat enige middel wat aangebied word om enige siektetoestand van enige dier te diagnoseer, voorkom of behandel, as ’n veemiddel geag word. Die wet vereis dat sulke middels geregistreer moet wees.

“Ongelukkig word veterinêre medisyne ook onder Wet 101 van 1965 gereguleer met dieselfde definisie. Wet 101 maak voorsiening dat veterinêre medisyne deur ’n veearts saamgestel (compounded) mag word vir ’n pasiënt (een dier of trop diere op een perseel) sonder dat daardie medisyne geregistreer is. Sulke saamgestelde medisynes mag egter nie oor die toonbank verkoop word nie.

Direktoraat dieregesondheid

“Dan is daar ook die direktoraat dieregesondheid by die Departement van Landbou (Wet 35 van 1984) wat beheer uitoefen oor die skep, gebruik en toediening van biologiese organismes, soos entstowwe wat nie geregistreer is nie.”

Dié wet vereis dat mense wat werk met mikro-organismes wat dieresiektes veroorsaak, ’n permit van die minister moet hê.

Verdoorn het hom tot al drie dié owerhede gewend – die Registrateur van Wet 36, die Medisynebeheerraad, die direkteur van dieregesondheid én die Suid-Afrikaanse Veterinêre Raad. Die Registrateur van Wet 36 het laat weet dit is buite hul mandaat, en die ander twee het hom nooit geantwoord nie.

Saak is afgehandel

“Die Veterinêre Raad meen die saak is afgehandel, want die aangeklaagde (DCA) het opgetree ingevolge Artikel 7 (2) van Wet 36.

“Ek was stomgeslaan. DCA het die mislukking van Onderstepoort Biologiese Produkte gebruik om die tekorte aan OBP-entstowwe met hul slangspoeg aan te vul,” sê hy.

In ’n ander saak, wat tans op die Nasionale Vervolgingsgesag vir ’n verhoordatum wag, word mnr. At Venter van Eko Veedosering, wat die Eko Waterkripdosering-tablette versprei, deur die Plantbeskermings- en Dieregesondheidsvereniging (Avcasa) aangekla dat hy ongeregistreerde veemedisyne versprei. Volgens Venter is dit lagwekkend.

“Ek het al sewe maal sedert 2009 aansoek gedoen om registrasie, maar die aansoeke word nooit deur die betrokke departemente verwerk nie,” sê hy.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
+0.2%
Rand - Pond
20.02
-0.4%
Rand - Euro
17.61
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.67
-0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,670.55
+0.6%
Silwer
19.16
+1.8%
Palladium
2,225.50
+0.9%
Platinum
879.00
+1.3%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,350
+0.8%
Alle aandele
63,636
+0.6%
Hulpbronne 10
60,687
+1.5%
Industriële 25
77,071
+0.4%
Finansiële 15
13,750
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat op soek is na pasmaat om leemte te vul. te vul
Ek is eerlik en is gelykmatig in persoonlikheid. Hou van lag en sal nooit afbrekend teenoor iemand optree nie. Hou van goeie eerlike gesprekke.
Ek wil weer in liefde glo
Ek is energiek, spontaan, lewenslustig, positiewe uitkyk op die lewe. Hou van buite lewe. Ek is ñ mense mens en is gek oor diere. Ek is saf van geaardheid maar baie ferm in...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot