AFGRI
BEAN
26 Okt
-
6669
0,00
CORN
26 Okt
-
3294
-13,00
SOYA
26 Okt
-
7380
60,00
SUNS
26 Okt
-
10580
-40,00
WEAT
26 Okt
-
5783
1,00
WMAZ
26 Okt
-
3235
11,00
YMAZ
26 Okt
-
3382,8
2,80
AMT
Beeste A2/3
22 Okt
-
53,12
-0,01
Beeste AB2/3
22 Okt
-
51,44
0,00
Beeste B2/3
22 Okt
-
49,2
0,00
Beeste C2/3
22 Okt
-
45,11
0,00
Bevrore Hoender
22 Okt
-
29,28
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
22 Okt
-
67,85
0,04
Bokooie
22 Okt
-
44,07
0,10
Groot (meer as 40 kg)
22 Okt
-
40,19
0,13
Hoender (IQF)
22 Okt
-
27,37
-0,01
Medium (30-40kg)
22 Okt
-
54,78
-0,01
Pork Average
22 Okt
-
27,29
-0,01
Poultry Average
22 Okt
-
29,26
0,00
Skaap A2/3
22 Okt
-
82,67
0,00
Skaap AB2/3
22 Okt
-
75,9
0,01
Skaap B2/3
22 Okt
-
70,32
0,01
Skaap C2/3
22 Okt
-
67,22
-0,02
Speenkalf
22 Okt
-
39,87
0,00
Spekvarke
22 Okt
-
27,23
-0,02
Stoorlammers
22 Okt
-
45,23
-0,03
Varkwors
22 Okt
-
22,33
-0,01
Vars Hoender
22 Okt
-
31,13
0,00
Vleisvarke
22 Okt
-
28,17
0,01
Wol (skoon)
22 Okt
-
166,76
-0,02

Vere waai oor ingevoerde hoender

akkreditasie
Mnr. Francois Baird, stigter van FairPlay, wou twee pakke bevrore hoenderporsies aan die Europese Kommissie se handelsraadgewer oorhandig. Een was Suid-Afrikaanse hoenderstukke waarvan die oorsprong nagespeur kon word. Die ander het hoenderstukke met twee verskillende besendingnommers bevat, waarvan die etiket ’n moontlike oorsprong uit tien lande aandui. Foto: Nico van Burick
Mnr. Francois Baird, stigter van FairPlay, wou twee pakke bevrore hoenderporsies aan die Europese Kommissie se handelsraadgewer oorhandig. Een was Suid-Afrikaanse hoenderstukke waarvan die oorsprong nagespeur kon word. Die ander het hoenderstukke met twee verskillende besendingnommers bevat, waarvan die etiket ’n moontlike oorsprong uit tien lande aandui. Foto: Nico van Burick
Harde woorde het geval tussen mnr. Francois Baird, die stigter van die FairPlay teenstortingsbeweging, en me. Dessy Choumelova, handelsraadgewer van die Europese Kommissie in Pretoria, by ’n konferensie waar handelsbetrekkinge onder die soeklig gekom het.

Baird het op Farmer’s Weekly se AgriBesigheid Afrika-konferensie in Kempton Park gesê 44% van hoendervleis wat in Suid-Afrika verbruik word, is ingevoer en dit het al tot 6 000 werksverliese in Suid-Afrika se hoenderbedryf gelei. In Kameroen het 120 000 werksgeleenthede verlore gegaan en Ghana se hele bedryf is weens storting vernietig.

“Sedert ek by FairPlay betrokke is, het ons vier lesse geleer: By handel met groot handelsvennote moet ons nie net konsentreer op wat hulle sê nie, maar ook op wat hulle doen. Die twee stem nie altyd ooreen nie.

“Daarby moet Suid-Afrika sy rug styf maak in onderhandelinge. Die groot spelers se taktiek is om ’n pistool teen jou kop te hou gevolg deur ’n opdrag.

“Die derde les is dat storting teen die reëls is, maar nie onwettig nie. Ons wil hê dit moet strafbaar wees. Hoër tariewe is nie voldoende nie. Daarby moet daar vergoeding wees vir skade wat reeds in die verlede aangerig is. Vryhandel is baie belangrik, maar dan moet die speelveld gelyk wees en dit geld vir alle bedrywe.”

Baird wou twee pakke bevrore hoenderporsies aan Choumelova oorhandig. Een was Suid-Afrikaanse hoenderstukke waarvan die oorsprong nagespeur kon word. Die ander het hoenderstukke met twee verskillende besendingnommers bevat, waarvan die etiket ’n moontlike oorsprong uit tien lande aandui. 

Nie feitelik

Choumelova het teruggekap deur te sê FairPlay se mediaveldtog is nie op feite gegrond nie. Daar is nie sprake van storting nie omdat Europese hoender duurder as ander beskikbare hoender is. Sy sê van die 10 lande wat hoender uit Europa ingevoer het, is daar nou net twee oor weens voëlgriep en in 2016-’17 het Europese invoer na Suid-Afrika met 71% gedaal. Sy sê die ingevoerde hoender kom uit Amerika en Brasilië. Daar is ook geleenthede vir Suid-Afrikaanse boere om uit te voer, maar hulle stel klaarblyklik nie belang nie.

“Die EU is gekant teen proteksionisme, want dit beteken nie beskerming nie. Dit skaad langtermynverhoudings in ’n wêreld waar almal interafhanklik en met mekaar verbind is. Ons moet werk aan ’n wen-wen situasie en ons uitsprake moet op feite gegrond wees.”

Me. Tatiana Mata, ’n landbousakespesialis van Mosambiek, het gesê soms is daar ook storting van ingevoerde hoender in Suid-Afrika se buurlande waar Suid-Afrika net as deurgang gebruik word. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.86
-0.9%
Rand - Pond
20.44
-0.9%
Rand - Euro
17.22
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.14
-1.1%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Goud
1,793.70
-0.8%
Silwer
24.16
-1.7%
Palladium
2,006.86
-2.6%
Platinum
1,032.00
-2.9%
Brent-ruolie
85.99
+0.5%
Top-40
61,025
+1.0%
Alle aandele
67,615
+1.0%
Hulpbronne 10
63,620
+0.3%
Industriële 25
87,147
+1.5%
Finansiële 15
14,027
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
N Man wat kan, soek n vrou wat wil
She needs to be like me, strong personality, open to communication, love to BRAAI and entertain. I do not want a housewife, she needs to be prepared to accept my kids and...
Let me be your HAPPY pilllllllll😜
I'm the kind of trouble you can get into. I'm the kind of battle , yeah you are willing to loose. You're the winter thought, burning right through. you will be...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot