AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Verkoopsverklaring vir Johne se siekte

Die wolmakelaars CMW en BKB gaan eersdaags versoek dat verkopers van vee op veilings verklaar dat hul vee gesond is.

Hulle het onderneem om van die begin van die jaar af te help met die inwerkingstelling van dié reëling. Dit volg ná vergaderings wat prof. Gareth Bath, sameroeper van die advieskomitee vir kleinveegesondheid, einde verlede jaar met verteenwoordigers van die makelaars oor die verspreiding van Johne se siekte gehou het.

Johne se siekte is ’n chroniese, ongeneeslike bakteriese siekte wat by skape voorkom. Skape met die siekte verloor gewig en vrek uiteindelik. Die siekte versprei stadig en dit is moeilik om dit in ’n vroeë stadium te identifiseer. Omdat die koop van skape die gevaarlikste bron van besmetting is, moet die risiko van besmetting voor enige aankope bepaal word. Dit is waar die verkoopsverklaring sal help, meen Bath. Daar sal veral klem gelê word op amptelike skaapveilings wat onder beskerming van die verskillende telersverenigings gehou word.

Bath het ander maatskappye, wat ook amptelike skaapveilings reël, versoek om die inisiatief te ondersteun.

Johne se siekte (Ovine Johne’s Disease of OJD) by skape is gevaarlik weens verskeie redes,

waaronder:

¦ Die koop van slegs een besmette dier wat gesond lyk, kan ’n kudde heeltyds skaad.

¦ Besmette plase word ingevolge huidige regulasies onder onbepaalde kwarantyn geplaas.

¦ Dit duur etlike jare voordat die boer besef dat daar ’n probleem op sy plaas is.

¦ Diagnose is nie eenvoudig nie en moet op ’n kuddebasis geskied. Dié toetse is redelik

duur en moet bevestig word.

¦ Sonder inenting kan jaarlikse verliese rampspoedig raak.

Bath sê boere wat meen dat hul kuddes nie besmet is nie, moet alles in hul vermoë doen om hul vee gesond te hou. “Ons aanbeveling is dat geen lewende skape sonder ’n goedgekeurde verklaring gekoop word nie. Die koper moet die verklaring deurlees en verstaan wat elkeen van die nege punte ten opsigte van die risiko beteken,” sê hy.

Volgens hom is dié verklaring geen waarborg vir die voorkoming van die siekte nie en die gebruik daarvan is ook nie 100% beskermend nie. “Maar die verklaring behoort dit minstens vir die voornemende koper moontlik te maak om die risiko verbonde aan die koop van bepaalde skape vas te stel. Dit moet verkieslik ook voor enige aankope deeglik met ’n veearts bespreek word.”

NAVRAE: Prof. Gareth Bath, sel 082 802 2526 of stuur e-pos gareth.bath@up.ac.za.

Dié berig is deur Cape Wools geskryf en verskaf. Rig navrae aan Louis de Beer by tel: 041 484 4301, E-pos: capewool@capewools.co.za, webwerf: www.capewools.co.za.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot