
Daar is egter maniere om veldbrande te voorkom en veld, vee, huis en haard teen brandskade te beskerm, sê me. Hasina Kathrada, hoof van kommunikasie en bemarking by Working on Fire, ’n openbare werkeprogram in die departement van omgewingsake.
Die volgende maatreëls kan help om brandbare materiaal en veldbrande te verminder en eiendomme teen die vlamme te beskerm:
- Grondeienaars moet ’n risiko-evaluering doen deur die brandrisiko’s op hul eiendom te ken en te identifiseer en dan te beplan om daardie risiko’s te versag.
- Jy kan die brandrisiko by jou eiendom verlaag deur aktiwiteite wat brandbare materiaal verminder of verwyder, soos om lang gras te sny, bome te snoei, blare uit geute te verwyder en plantmateriaal wat as “brandlere” by geboue kan dien, te snoei.
- Bou brandbane rondom jou erf om te verhinder dat brande handuit ruk.
- Skep ’n verdedigbare ruimte tussen die geboue op jou eiendom. Skep ’n verdedigbare ruimte van ongeveer 20 meter tussen jou huis en brandbare materiaal.
- Hou altyd die gebied rondom jou huis vry van materiaal wat kan brand, soos vuurmaakhout en tuinvullis.
- Voordat jy voorgeskrewe brandaktiwiteite toepas om brandbare materiaal te verminder, moet jy ’n brandpermit van die plaaslike brandbeskermingsvereniging kry.
- Vergewis jou van die brandgevaarindeks voordat jy begin brand. Moet ook nie vullis op ’n warm, winderige dag verbrand nie.
- Voordat jy vure aansteek vir groot buiteluggeleenthede, vind by die plaaslike brandbeskermingsvereniging, brandweer of munisipaliteit of daar beperkings is, en kry ’n permit, waar nodig.
- Grondeienaars kan ook by hul plaaslike brandbeskermingsvereniging aansluit om kennis en hulpbronne met ander lede te deel.
- Dis ook belangrik dat grondeienaars hulle bemagtig met kennis van die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande.
- Meld alle veldbrande aan en hou noodnommers byderhand.