AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Verneukpan se vygies verstom

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Sedert ’n video van die vygies onlangs die ronde gedoen het, het verskeie mense hul ongeloof daaroor gedeel. Foto: Magda Maritz
Sedert ’n video van die vygies onlangs die ronde gedoen het, het verskeie mense hul ongeloof daaroor gedeel. Foto: Magda Maritz
Gedurende goeie reënjare het enkele vygies al op Verneukpan in die Noord-Kaap opgekom. Die groen plaat wat tans dié pan bedek, is egter ongekend.

Verneukpan, ’n wydverspreide, droë soutpan tussen Swartkop en Diemansput in die Noord-Kaap, lê gewoonlik kaal. Ná buitengewoon goeie reën in die gebied, het dit vir die eerste keer ’n groen baadjie aangetrek. Me. Magda Maritz sê die vygies wat tans die pan bedek en soos ’n grasperk lyk, is sigbaar vanaf hul plaas, Bloekomhoogte naby Swartkop, wat sowat 20 km van Verneukpan af is.

Sedert ’n video van die vygies onlangs die ronde gedoen het, het verskeie mense hul ongeloof daaroor gedeel. Iemand van Loeriesfontein het dit selfs as fopnuus afgemaak. “Ons fone het heeldag gelui met mense wat bel om te hoor of dit waar kan wees.”

Sy sê dit is soutvygies wat opgekom het, dus sal die skape nie daaraan vreet nie, maar die feit dat só baie reën in die gebied geval het, is goed vir die boere se gemoed. “Reën by ons is ’n gebeurtenis. Alles kom tot stilstand. Die mooi veld wat ons nou beleef, doen baie vir ’n mens se gemoed.

“Ons bossieveld moet egter nog herstel. Dit gaan nie ná een goeie reënseisoen gebeur nie, maar die goeie reënseisoen en ekstra reën het baie gehelp. Die Vader weet ook hoe om dinge te herstel.”

Sy vertel hulle het vanaf 21 Oktober verlede jaar vir die eerste keer in jare noemenswaardige reën gehad. Tans is sowat 450 mm reën vir die huidige reënseisoen op die plaas gemeet – meer as drie keer die gemiddelde 125 mm reën wat gewoonlik oor die gebied val. “Dit is ook ongelooflik. Ons het sowat 30 mm reën ’n maand gelede ook gehad. ’n Mens weet nou nie of dit tot die vygies se opkoms bygedra het nie. Eintlik weet ons glad nie wat daartoe bygedra het nie.

“Gedurende goeie reënjare was daar miskien hier enetjie en dan 20 m verder nog enetjie. Wat ’n mens kan aflei, is dat die saadbed al daardie jare onder die grond moes gelê en wag het.”

Sy sê mense is nou net so opgewonde om te sien of die vygies blomme sal gee.

Verneukpan vygies
Dit is soutvygies wat opgekom het, dus sal die skape nie daaraan vreet nie. Foto: Magda Maritz

’n Eerste keer

Mnr. Willie Blomerus, wat naby die grond grootgeword het en langs die pan op die plaas Kareeboompan boer, sê dit is die eerste keer dat hy die pan só sien. “Ek het nog nooit só iets in my tyd gesien nie. In 1973 of 1974 het die pan ook baie water gehad, maar selfs toe het dit nie só gelyk nie.”

Hy sê hulle het van Meimaand af opgemerk dat die pan begin groen word. “Waar ons gewoond is aan die pan wat vir jou lugspieëling gee en oop is, sien ons nou groen velde. Ek hoop hulle gaan nog blom en dat dit nie te droog raak nie. Ek sien al hier en daar ’n blommetjie.”

Hy vertel hulle het 20 mm reën in Junie op die plaas gemeet. Sedert Oktober verlede jaar tot nou het hulle 300 mm reën op die plaas gemeet. “Dit is ongekend vir hierdie wêreld. Die reën het ook vir die grasse en die bossies op die regte tyd gekom. Die veld is baie mooi, ek het dit jare laas só gesien.”

Dit is net jammer dat daar ná sewe jaar se droogte nie skaap op die plaas is om dit te benut nie, sê hy. “Dit sal seker ook kom, dit sal net tyd kos. Die skaap is skaars om in die hande te kry omdat dit so wyd droog was. Rondom my lê ’n hele paar plase waarop daar nie een skaap is nie.

“Miskien was die droogte nodig vir ons veld om terug te keer na sy oorspronklike drakrag en plantestand. Baie plante het gevrek gedurende die droogte, maar hier kom nou baie nuwe plante op.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.03
+0.1%
Rand - Pond
20.93
+0.8%
Rand - Euro
18.72
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.14
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,022.62
+1.1%
Palladium
1,676.57
+0.4%
Goud
1,954.56
+0.2%
Silwer
24.45
+2.0%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,668
-0.1%
Alle aandele
79,864
+0.1%
Hulpbronne 10
74,939
-0.3%
Industriële 25
102,543
+0.0%
Finansiële 15
16,553
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
As jy nie probeer nie sal jy nooit weet nie...¹
LOVE my honde en my kinders. My siels vriende is vir my baie belangrik. Ek steur my nie aan drama nie. Haat shopping centres met ń passie. Alryd aan die kook, bak en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot