
Landbouers is onder die vindingryke mense oor wie insetsels vir die nuwe KykNET-reeks "Kyk wat maak ons nou" gemaak is.
In die eerste episode, wat op 16 Februarie uitgesaai word, is die kollig onder meer op ZZ2 as die grootste tamatieboerdery in die Suidelike Halfrond.
Plaaswerkers in die Langkloof in die Oos-Kaap se pogings om self iets te doen aan die probleem van alkoholmisbruik en gesinsverwaarlosing kry aandag in die vyfde episode wat op 16 Maart uitgesaai word. Die werkers het hul eie rolprent gemaak om aan hierdie probleme aandag te gee.
Dieselfde episode sluit ‘n insetsel in oor dr. Wessel du Toit van die Universiteit van Stellenbosch wat tuiswynmakers leer om beter “huiswyne” te maak.
Benewens landbouers val die kollig in die reeks onder meer ook op sakelui, akademici, entrepreneurs, digters, kultuurbewaarders en musikante.
Die sanger-akteur Chris Chameleon is die ateljee-aanbieder wat kommentaar op die verskillende insetsels lewer. Die program word Maandae om 20:30 uitgesaai.