AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

KYK: Versadigde grond in KZN bied geen weerstand teen swaar reën

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het hierdie week verskeie weerwaarskuwings vir groot gedeeltes van die land uitgereik. Hierdie foto is op die plaas Katdoornkraal by Makwassie in die Noordwes geneem. Foto: Yolanda Pretorius Jonker
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het hierdie week verskeie weerwaarskuwings vir groot gedeeltes van die land uitgereik. Hierdie foto is op die plaas Katdoornkraal by Makwassie in die Noordwes geneem. Foto: Yolanda Pretorius Jonker
Swaar reën oornag in die noorde van KwaZulu-Natal en Zoeloeland het onmiddellike oorstromings veroorsaak en kan groot oorstromings stroomaf veroorsaak.

Boere en inwoners van die distrik Pongola vrees dat ekonomies belangrike toegangspaaie na die dorp onbegaanbaar kan word.

Grond in die oostelike helfte van KwaZulu-Natal wat reeds vanaf begin Desember verlede jaar deur reën versadig is, kan nie die uitermate swaar reën wat sedert gistermiddag daar bly val, hanteer nie. Brûe en laaggeleë paaie in stroomopgebiede oorstroom reeds. Stroomaf word oorstromings gevrees omdat vol riviere by mekaar aansluit, wat die volumes water en die krag waarmee dit vloei drasties laat toeneem.

Mnr. Ralf Küsel, ’n saai-en-veeboer van die distrik Paulpietersburg in verre Noord-KwaZulu-Natal, sê op 5 Januarie van 19:00 tot middernag het hy en boere in sy omgewing stortbuie van 115 mm tot 190 mm gekry.

“Ons plaaslike riviere was gisteraand in vloed. My buurman se rivieroewerpomphuis is weggespoel en ek kan nie by my eie pomphuis uitkom nie, want die toegangspaaie en laagwaterbrûe is oorstroom. Landerye langs riviere óf steeds oorstroom óf verspoel omdat die grond reeds versadig was weens die nat seisoen wat ons tot dusver gehad het.”

Mnr. Kurt Stock, ’n suikerrietkweker in die distrik Pongola in Noord-Zoeloeland, sê sy gebied het oornag van 30 mm tot 85 mm gekry, en dit reën steeds. Hoewel daar nog geen vernietiging van landerye in sy omgewing aangemeld is nie, sê Stock daar is distrikspaaie wat erg verspoel is.

“Ons grootste bekommernis is die water wat afkom. Ek het gehoor dat die Pongolorivier stroomop reeds in vloed is. Daardie water het ons nog nie bereik nie. Sy vloedwater sal aansluit by vloedwater van kleiner sytakke. Ons verwag ’n groot klomp water. Dit kan ons twee hoofbrûe bedreig wat Pongola met Durban en Pongola met Ulundi en Vryheid verbind. Dit blyk dat daar moontlik meer water kom as tydens sikloon Domoina.”

Mnr. Dreyer Senekal, ’n suikerrietboer in die distrik Mkuze in Zoeloeland, sê sy plaas het gisteraand 38 mm tot 44 mm gekry, wat welkom is vir sy oeste. Hy sê die Pongolorivier voed die Jozini-dam voed waaraan Senekal broodnodige besproeiingswater onttrek. Dié rivier se huidige en verwagte sterk vloei sal help om die dam se vlakke te verhoog van die byna 80% waarop dit tans staan, tot hopelik sowat 90%.

Mnr. Herman de Wet, ’n saai-en-veeboer in die distrik Rorke’s Drift in KwaZulu-Natal se, sê hoewel die langtermyngemiddelde jaarlikse reënval vir die nabygeleë distrik Dundee 779 mm is, het dié distrik verlede jaar 1 123 mm ontvang. Baie grond daar is dus deurweek en kan nie meer onlangse en huidige reën opvang nie.

“Daar is gewaslande waar die kontoere nie die onlangse swaar reën kan hanteer nie en dus is daar oorstromings en afloop wat veroorsaak het dat dongas gevorm het en oeste versuip of wegspoel. Dit is ook moeilik vir boere om in hul lande te kom om kunsmis en gewasbeskermingsmiddels toe te dien. Oeste wat einde Oktober en vroeg in November geplant is, vaar egter baie goed met die vog en sommige boere verwag rekordopbrengste.”

Swaar oornagreën in sy opvangsgebied het die Pongolorivier laat styg tot vlakke wat volgens sommige laas gesien is tydens die oorstromings wat in 1984 deur sikloon Domoina veroorsaak is. Foto: Jörg Filter
Entomberivier
Die Entomberivier in Noord-KwaZulu-Natal is ’n sytak van die Pongolorivier. Dit is besig om op te dam omdat dit nie in die Pongolorivier, wat reeds vol is ná onlangse swaar reën, kan dreineer nie. Mielie- en sojaboonlanderye op die oewer van die Entomberivier word gevolglik oorstroom. Foto: Jörg Filter

Nóg waarskuwings uitgereik

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gister (Donderdag, 5 Januarie) opnuut waarskuwings uitgereik vir swaar reën wat vandag vloede en ontwrigting in verskeie provinsies kan veroorsaak.

Oranje vlak 9-waarskuwings is vir die noordoostelike dele van KwaZulu-Natal en die oostelike dele van Mpumalanga uitgereik. Dit kan tot oorstromings van paaie en nedersettings, asook lewensgevaarlike toestande lei en skade aan eiendom, modder- en rotsstortings en ontwrigting van vervoerdienste veroorsaak.

’n Geel vlak 4-waarskuwing is vir die suidwestelike dele van KwaZulu-Natal uitgereik en ’n oranje vlak 5-waarskuwing vir dele van die Oos-Kaap.

’n Geel vlak 2-waarskuwing is uitgereik vir Gauteng, Limpopo, die suidwestelike dele van Mpumalanga en dele van die Oos-Kaap, insluitend die metropolitaanse gebied Buffalo City.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
-0.0%
Rand - Euro
18.70
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Buitelewe is ñ voorrreg, maar met die regte maatjie net beter
Opsommende woorde, avontuurlustig, see, berge, sin vir humor, bosveld, dans, braai, kuier, romanties, reis, werk, sport, alles wat lekker is, en vele meer.
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot