AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Verskans jou gewas teen te min reën!

? Bekende graanhandelaar het ? afgeleide instrument wat graan-, groente-, vrugte-, en veeboere kan uitneem om hulself teen te min reën asook ongunstige temperature te verskans!

Die impak van die wisselvallige weerpatrone maak amok in die landbou. Dit noodsaak dat rolspelers in dié bedryf dringend na alternatiewe begin soek om aan almal in die sektor alternatiewe vorme van risikobestuur te voorsien.

Die graanhandelaar BVG het na wye soektogte op 'n alternatiewe manier afgekom om sy kliënte te help om hulle beter teen klimaat-gebaseerde risiko’s te verskans.

Mnr. Hans Smit, risiko-analis van BVG sê dié alternatief is die Weer Indeks Afgeleides (WIA). “ Dit klink na 'n mondvol en vreeslik kompleks, maar ons kan almal sommer onmiddellik gerusstel dat dit baie maklik is om te gebruik én te verstaan.”

Die WIA word onder die handelsnaam WeatherInDe (Weather Index Derivatives) bemark.

Smit sê die WIA werk op dieselfde beginsel as gewone afgeleides wat in die mark gekoop kan word – net soos “put”- en “call”-opsies op die graanmark verhandel word, verkoop ons dié opsies, maar net op die weer. “Ja jy het reg gehoor: Ons verkoop opsies vir die weer!”

Wat is 'n weer-opsie?

'n Weer-opsie word op dieselfde wyse as 'n graan-opsie saamgestel. Die voornemende kliënt/koper moet enkele besluite daaroor neem. Die eerste is waarvoor die opsie geskryf word, reënval of temperatuur.

Die tweede besluit is die tydperk waarin die opsie geldig is, met ander woorde die begin- en die sluitingsdatum. Die derde besluit is waarteen die opsie gemeet en geprys word. Op die graanmark word die “future”-prys gebruik om te bepaal of die opsie uitbetaal en of dit as waardeloos verval. In die weer-mark word die uitbetaling van die opsie bepaal deur die meting van klimaatsomstandighede, hetsy dit reënval of temperatuur is.

So, indien die reënvalsyfers/temperatuur metings wys dat jou opsie geldig is, betaal die opsie uit, anders verval dit as waardeloos.

Smit verduidelik met 'n voorbeeld: Gestel 'n mielieboer in die Vrystaat benodig 100 mm reën tussen 1 Oktober en 30 November om genoeg vog te hê om te kan plant. Hy kontak WeatherInDe vir 'n kwotasie om 'n opsie te koop om hom teen droogte te verskans. Die boer koop dan 'n reënval “put”-opsie. Dié opsie word dan volgens die boer se spesifikasies en benodigdhede opgestel om aan sy behoeftes te voldoen.

R10 000 vir elke millimeter

Die boer besluit byvoorbeeld indien hy minder as 100 mm reën in dié tydperk kry, hy 'n uitbetaling van R10 000 benodig vir elke mm wat dit minder as 100 mm reën. Hy koop die opsie en betaal die volle opsie-bedrag, so daar is geen marge wat gedra word nie. Wat is die koste van die opsie?

Smit sê elke opsie word individueel geprys: “Net soos gewone opsies is daar baie faktore wat die prys beïnvloed. Dit sal dus misleidend wees om hier ‘n koste te noem.”

Ná die verloop van die kontrak word die totale reënval vir die tydperk van die dataverskaffers ontvang en dan word die kontrak afgehandel. Indien dit méér as 100 mm gereën het, verval die opsie as waardeloos, maar indien dit minder as 100 mm gereën het, word die boer R10 000 vergoed vir elke mm wat dit minder as 100 mm gereën het.

As dit slegs 80 mm gedurende dié tydperk gereën het, sal die boer R200 000 ontvang: (100 – 80) × R10 000 = R200 000.

Smit sê kan dit so maklik wees? Waar is die vangplek? “Dit is gewoonlik die eerste vrae wat boere vra en in die huidige finansiële klimaat is dit baie nuttige vrae, want om 'n ingeligte besluit te neem, moet die kliënt die produk verstaan.

“Om die eerste vraag te beantwoord, ja dit is so maklik: Ons bou die Weer Indeks Afgeleide om elke boer se situasie en sak te pas, dus is elke weer-opsie uniek.

“Om die tweede vraag te antwoord: Die grootste sogenaamde “vangplek” bly die verskaffing van data. WIA steun op historiese data oor die laaste 25 jaar, en dié data moet ook deur onafhanklike dataverskaffers verskaf word om niemand te bevoordeel nie.

Haalbare oplossing

“Gelukkig bestaan 'n haalbare oplossing. Die reënvaldata word verskaf deur NAOO (NASA) se satelliet-data. Dié data word verskaf in blokke van 10 km by 10 km is beskikbaar vir die laaste 25 jaar. Die WeatherInDe-handelaar bespreek dié data met die boer om sodoende te verseker dat dit met sy eie eie data vergelykbaar is en dat afgeleide se pryse daarvolgens bepaal word.”

Volgens Smit is daar ook verskeie grondstasies wat deur onafhanklike dataverskaffers bestuur word, en dié data word hoofsaaklik gebruik om WIA te prys, wat op temperatuur gebaseer word. So, reënval is nie die enigste afgeleide nie. “Ons verkoop ook opsies op temperatuur om die kliënte te help om hulleself te verskans teen ekstreme temperature.”

Die Weer Indeks Afgeleides is 'n groot nuwe sprong in nie net die landboubedryf nie, maar skep ook vir die konstruksie- en versekeringsbedryf nuwe oplossings om hulself teen ongure weer te verskans.

Vir meer inligting, kontak Hans Smit of Pieter Hurter by 012 484 4040 of stuur 'n e-pos na wd@bvg.net

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.02
+0.3%
Rand - Pond
19.32
+0.1%
Rand - Euro
17.28
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.8%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,627.89
+0.3%
Silwer
18.36
+0.0%
Palladium
2,075.35
+1.6%
Platinum
852.61
-0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot