AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9434
-76,00
CORN
26 Sep
-
4805
-4,00
SOYA
26 Sep
-
9399
-67,00
SUNS
26 Sep
-
9980
-226,00
WEAT
26 Sep
-
7069
52,00
WMAZ
26 Sep
-
4870
13,00
YMAZ
26 Sep
-
4800
12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Verskeie geleenthede vir vroue in landbou

akkreditasie
Die Overberg vroeg in die lente. Foto: Alani Janeke
Die Overberg vroeg in die lente. Foto: Alani Janeke
Daar is verskeie maniere om die landbousektor te betree.

Die meeste mense glo toetrede tot die landbou is deur eienaarskap en toegang tot grond, maar daar is ook ander maniere om die sektor te betree, het me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, gesê toe sy die hoofspreker was op ’n seminaar oor vroue se deelname in die sektor.

Toegang tot die sektor berus nie net op primêre produksie nie. Dit kan ook vermag word deur deelname aan die verwerking van landboukommoditeite. Didiza het ’n voorbeeld genoem van ’n vrou in Limpopo wat ’n klein beetverwerkingsfabriek het. Sy kry haar beet van plaaslike kleinskaalse boere in Limpopo en omliggende provinsies. Om haar produksievermoë uit te brei het die departement haar met toerusting gehelp. Sy ding nou mee met Tiger Brands (Koo) in die kleinhandelaar Spar se winkels in Limpopo en Mpumalanga.

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het reeds ’n program begin om vroue se deelname in landbouverwerking en -besigheid te verbeter. “Ons doen dit om te verseker dat daar ondersteuningsmeganismes beskikbaar is vir vroue in die landboubesigheidsekor.” Altesaam 100 vroue is reeds betrokke by landbouverwerking. Hierdie gidsprogram sal later uitgebrei word.

Logistiek en vervoerstelsels is ’n ander gebied waar vroue hulle staal kan wys, asook koue-opberging, pakhuise en opbergaanlegte vir graan. “Landbou-infrastruktuur bly belangrik om te verseker dat landbouprodukte die mark in ’n goeie toestand bereik. Dit is ’n ander gebied waar vroue kan deelneem.”

Voedselsekerheid

Dr. Jemina Moeng, hoofdirekteur vir voedselsekerheid by die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het gesê Suid-Afrika geniet voedselsekerheid en is geseën met die buitengewone ryk oes wat hy in agtereenvolgende seisoene beleef. Vir vanjaar word ’n mielie-oes van 16 095 590 ton mielies verwag. Dit is 5,2% of 795 590 ton meer as die 15 300 000 ton van die 2020-seisoen. Dit is die tweede grootste verwagte mielie-oes wat Suid-Afrika nog gehad het.

Volgens die VN Vroue, die Verenigde Nasies se organisasie vir die bemagtiging van vroue, het 31% van die huishoudings in Afrika suid van die Sahara ’n vrou as hoof teenoor onderskeidelik 17% en 14% in Latyns-Amerika en die Karibiese eilande. Studies van die Verenigde Nasies se Voedsel-en-landbou-organisasie (VLO) bevestig dat vroue die steunpilaar van kleinskaalse landbou, arbeidsmag en daaglikse bestaansboerdery is. Vroue sukkel egter meer as mans om toegang tot insette, krediet, grond en dienste te kry.

Hulp

Verlede jaar het die staat begin om sowat 700 000 ha staatsgrond vir landbouproduksie beskikbaar te stel, waar voorkeur gegee word aan vroue, die jeug, mense met gestremdhede en diegene wat op kommunale grond boer. ’n Beleidsdokument is ook uitgebring wat die kriteria uiteensit van wie vir die grond aansoek mag doen. Volgens die beleid moet 50% van die grond aan vroue beskikbaar gemaak word.

Didiza het gesê benewens die gewone finansieringsondersteuning wat produsente gebied word soos CASP, Ilima Letsema en ontwikkelingsondersteuning vir grond (LDS), is daar ook gemengde finansiering waar saam met finansiële instellings op ontwikkeling gekonsentreer en met private banke saamgewerk word.

Die staat het hom daartoe verbind om 10 000 voorligtingsbeamptes binne drie jaar op te lei.

Rakende toegang tot markte en die uitvoer van produkte, het sy ’n kleinskaalse bemagtigingsbenadering bekend gemaak. Die program help boere om die mark te verstaan en hoe dit werk. Dit help hulle ook om te weet watter produkte die mark benodig, die gehalte daarvan en volumes. Sy het benadruk dat opleidingsprogramme om boere se kapasiteit te bou belangrik bly om sukses te behaal.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.05
-0.5%
Rand - Pond
19.54
-0.8%
Rand - Euro
17.42
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.73
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Goud
1,643.65
+0.0%
Silwer
18.78
-0.5%
Palladium
2,070.00
-0.1%
Platinum
864.00
+0.6%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
56,584
-0.9%
Alle aandele
62,828
-0.9%
Hulpbronne 10
55,304
-1.8%
Industriële 25
78,524
+0.1%
Finansiële 15
13,871
-1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lief vir die lewe
Introvert. Dry sence of humor. [geskrap] Hou van buite lewe. [geskrap]Braai stap bos en see. Hou van land deur toer op n motorfiets[geskrap]
Om my te Ken is om my lief te he
Sag dinamiese persoon wat iemand altyd eerste stel en respekteer,. Hou van eerlike opregte mense wat nie my tyd mors nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot