AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4787,8
-14,20
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10145
-65,00
WEAT
05 Okt
-
7198,8
29,80
WMAZ
05 Okt
-
4944
28,00
YMAZ
05 Okt
-
4865,2
9,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Verskil tussen Suid-Afrika en Zimbabwe net 15 jaar

Daar is doemprofete wat aanvoer dat die verskil tussen Suid-Afrika en Zimbabwe net vyftien jaar is. As werkloosheid in Suid-Afrika nie ernstig aangepak word nie en oor die volgende dekade verder toeneem, staar die land groot probleme in die gesig. Dit kan lei tot 'n populistiese regeringsbestel.

Dr. Johan Botha, hoofekonoom van Standard Bank, het dié opmerkings gemaak toe hy die Landbouvooruitskouingskonferensie in Port Elizabeth toegespreek het. Hy het gesê 40 % van die land se bevolking is óf werkloos, óf al so lank uit die arbeidsmag dat hul vaardighede nie meer doeltreffend in die mark aangewend kan word nie. "Minder as 10 % van dié jaar se matrikulante sal na verwagting volgende jaar in diens geneem word. Sou die situasie vir die volgende 15 jaar voortduur, hou dit 'n wesenlike moontlikheid in vir die totstandkoming van 'n populistiese regeringsbestel. Om dié probleem op te los, word beraam dat minstens 1 000 nuwe werkgeleenthede per dag in die land geskep moet word." Dr. Botha het gesê daar is egter faktore wat in die land se guns tel. Sedert 1994 het die ekonomie merkwaardige groei getoon en die Regering het baie gedoen om bestendigheid in die land te bring. Die land het 'n goeie grondwet en onafhanklike regstelsel. 'n Streng fiskale beleid word gevolg en die Regering het nieteenstaande talle struikelblokke aansienlike vordering gemaak om skoon drinkwater en behuising aan die armes te voorsien. Ongelukkig bly misdaad op hoë vlakke en is buitelandse beleggers bekommerd oor die stand van MIV-vigs in die land. Daar is 'n neiging dat hulle Zimbabwe en Suid-Afrika onder dieselfde kam skeer. Uitsprake dat handelsbanke geld meer vrylik beskikbaar moet stel en pensioenfondse in 'n groter mate aangewend word vir werkskeppingsprojekte, ondermyn beleggingsvertroue in die land. Die volgende algemene verkiesing is net 18 maande ver. Dit kan 'n rede wees vir dié tipe uitsprake, meen hy. Dr. Botha het gesê 'n verdere rentekoersverhoging voor die einde van die jaar sal nie in die beste belang van die land wees nie. Hy meen 'n afwaartse aanpassing van 0,5 % in rentekoerse is teen Maart aanstaande jaar moontlik. Die feit dat huishoudings in die land 99 % van hul inkomste bestee en net sowat 0,5 % gebruik om te spaar, dui op die druk waaronder verbruikers verkeer. 13 September 2002
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.66
-0.2%
Rand - Pond
20.16
+0.3%
Rand - Euro
17.59
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.47
-0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,718.05
-0.5%
Silwer
20.78
-1.4%
Palladium
2,314.50
-0.3%
Platinum
929.09
-0.5%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,919
+0.1%
Alle aandele
66,328
+0.0%
Hulpbronne 10
64,383
-0.3%
Industriële 25
80,159
+0.1%
Finansiële 15
14,129
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek beste maaitjie.
Hou van die buitelewe en hou van eerlike vriendkap. Hou om geheime te deel en saam lewe te geniet. Wil lewe geniet.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot