AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
5067,6
107,60
YMAZ
06 Okt
-
4958
84,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Verslag oor onderdele verras: Tata tops

Die Tata Xenon spog met die goedkoopste onderdelemandjie in die dubbelkajuit-kategorie en stof daarmee ? paar groot name uit, volgens die Kinsey-verslag.

Geen voornemende voertuigkoper behoort ‘n deposito te betaal sonder om eers die jongste Kinsey-verslag deeglik onder oë te neem nie.

Malcolm Kinsey, gerekende motorjoernalis van KwaZulu-Natal, stel elke jaar ‘n omvattende verslag saam oor die pryse van onderdele wat verbruikers inlig oor die nakoop-bekostigbaarheid van verskillende voertuie.

Terselfdertyd word as ’t ware druk uitoefen op voertuigvervaardigers om die pryse van onderdele mededingend te hou.

Denkbeeldige mandjie onderdele

Kinsey gebruik ‘n denkbeeldige mandjie onderdele as riglyn vir die beoordeling. Dit bestaan uit filters, vonkproppe, ruitveërs en remskoene vir versiening; tydkettings, waaierbande, skokbreker-hegpunte, koppelaars, vliegwiele/drukplats en remskywe as vervangingsitems; én dan ligte, wiele, buffers, sierroosters, modderskerms, deure, ruite, verkoelers en lugversorgers vir herstelwerk.

Elke jaar kom die verslag met ‘n paar verrassings vorendag . . .

Wat enkelkajuitbakkies betref, beklee die Nissan NP200 1,6i en eerste plek, die Chevrolet Utility 1,4 Spaza is tweede en die Nissan NP300 2,0 die derde plek. ‘n Mens moet egter onthou dat hierdie ligter bakkies goedkoper behoort te wees om te onderhou as hulle eenton-stalmaats.

Tata Xenon 2,2 XT Evolve

In die kategorie vir dubbelkajuitbakkies het die Tata Xenon 2,2 XT Evolve met die louere weggestap. Die Toyota Hilux 2,8 GD Raider is tweede en die GWM Steed 6 VGT Xscape is in die derde posisie.

Onder die sportnutsvoertuie het die Toyota Fortuner 2,8 GD die beste gevaar met die Chevrolet Trailblazer 2,8 D LT en die Hyundai Tucson 2,0 Premium onderskeidelik tweede en derde. In die luukse sportnutsvoertuigkategorie was die Toyota Prado 3,0 TD EX die wenner met die Volvo XC90 D4 Momentum tweede en die Range Rover Evoque SD SE4 in die derde plek.

En wat van die persepsie dat Franse rygoed duur is om te onderhou? In die kategorie vir oorgangsvoertuie, of te wel die sogenaamde “crossovers”, maak die Citroen Cactus 1,2 Feel skoonskip met die Toyota Avanza 1,5 SX wat in sy nek blaas en die Renault Duster 1,6 Dynamique (nóg ‘n Fransman) in die derde plek.

Volgens Kinsey is die bekostigbaarste super-mini om te onderhou die (Franse) Peugeot 208 1,2 Active, gevolg deur (wéér die Franse) Renault Sandero Turbo Dynamique met Volkswagen se Polo 1,2 TSi Comfortline in die derde plek.

Byskrif: Volgens die jongste Kinsey-verslag spog die Tata Xenon met die goedkoopste onderdelemandjie in die dubbelkajuit-kategorie en stof daarmee die Toyota Hilux, die GWM Steed en nog 'n paar ander uit. Foto verskaf

tata-xenon-evolve-balloon-600

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.89
-0.7%
Rand - Pond
20.08
+0.2%
Rand - Euro
17.58
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.53
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,714.22
-0.1%
Silwer
20.61
-0.2%
Palladium
2,302.00
+1.9%
Platinum
924.50
+0.2%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,609
+0.7%
Alle aandele
66,039
+0.7%
Hulpbronne 10
63,628
-0.1%
Industriële 25
80,237
+1.3%
Finansiële 15
14,029
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp en iemand wat dit wil deel ,nie noodwendig alles nie. Geniet netjiese tuin en tuis. Ek hou van mense wat...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot