
Die landbousakekamer Agbiz en die Nywerheidontwikkelingskorporasie se indeks wys optimisme in die landbousektor in vanjaar se tweede kwartaal is te danke is aan onder meer verwagtinge rakende kapitaalbelegging, werkskepping en volume van uitvoer.
Mnr. Wandile Sihlobo, Agbiz-navorsingshoof oor landbousake, sê sienings oor kapitaalbelegging het met ses indekspunte gestyg. “Ondanks politieke onsekerheid is daar voortgesette belegging in landboutoerusting.”
Vertroue rakende omset het egter met 11 punte gedaal, wat wys dat laer winsgewendheid vergeleke met die vorige kwartaal verwag word, veral in die tuinbou-, wyn- en versekeringsbedrywe.
Sentiment oor algemene landboutoestande het met vyf punte gedaal, weens veral die ongunstige droë toestande in die Wes-Kaap.