AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

'Vertroue nodig vir eenheid in landbou'

Skud apartheid se 'babelaas' af en begin saamwerk, is op Vrystaat Landbou se jaarkongres aan belanghebbendes gevra.

Twintig jaar ná die koms van demokrasie in Suid-Afrika is daar steeds nie wedersydse vertroue om eenheid en samewerking in ons landbousektor te bewerkstellig nie.

Dít was die oorkoepelende boodskap uit die monde van beide boereleiers en 'n politikus op die eerste dag van Vrystaat Landbou se jaarkongres in Bloemfontein.

“Die skakel wat nog kortkom, is vertroue,” het mnr. Dan Kriek, VL-voorsitter, in sy rede gesê.  “Ons moet deur die Regering vertrou word. Ons het vennootskappe tussen die Regering en die private sektor nodig. En dit is nodig dat die senior vennoot, die ANC-regering, sy huis in orde kry en die vlak van dringendheid en toewyding lig,” het Kriek gesê.

Hy meen die Regering moet die nodige beleid, finansiering en 'n vriendelike omgewing verskaf, en die private sektor dan toelaat om die nodige werk vir grondhervorming te doen.

Oor Minister Gugile Nkwinti se beskuldiging dat die private sektor tot dusver nog nie met werkbare grondhervorming- en bemagtigingplanne vorendag gekom het nie, het Kriek gesê daar is oorgenoeg planne wat reeds met sukses deur landboumaatskappye en kommoditeitsorganisasies bedryf word.

Daar is egter nie een plan wat alle politieke ideologieë pas nie. Suksesvolle modelle is ook bedryf- en gebiedspesifiek.

Hy het 'n beroep op alle belanghebbendes gedoen om van hul “apartheid-babelaas” ontslae te raak en met mekaar te begin saamwerk.

Kriek het ook namens VL die organisasie se volle steun aan die eenheidsforum vir landbou, Asuf, toegesê. Dié forum, wat onlangs hard getref is deur die onttrekking van die landbousakekamer as een van sy ses lede, se voorsitter, Japie Grobler, was 'n gasspreker op die VL-kongres.

“Cometh the hour, cometh the man,” was hoe Kriek Grobler na sy (Grobler se) spreekbeurt sterkte met die taak van vereniging toegewens het. Grobler het hard met boere gepraat, en gewaarsku dat hulle nie meer sal kan terugsit en net op die Grondwet kan staatmaak vir beskerming van hul eiendomsreg nie. Werkbare planne moet vanaf grondvlak aan Asuf oorgedra word.

Grobler het ook sy frustrasie uitgespreek omdat Asuf slegs ná volle konsensus deur al die lede besluite of beleidsdokumente ter tafel kan lê. Die forum self het geen outonomiteit nie, en elke lid behou sy eie, volle outonomiteit. “Dit is waaragtig nie maklik nie,” het Grobler oor die onderhandelingsprosesse binne die forum gesê.

Ook die Vrystaatse landbou-LUR, Mamiki Qabathe, het op gebrekkige wedersydse vertroue tussen die regering en die landboubedryf se “captains of industry” gehamer. Op 'n pertinente vraag of sy vir Kriek en Grobler en hul organisasies vertrou, het sy met die teenvraag “Vertrou hulle óns?” geantwoord.

Kriek het wel bevestig dat hy Qabathe vertrou om haar beloftes aan die georganiseerde landbou na te kom.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.03
+0.1%
Rand - Pond
20.93
+0.8%
Rand - Euro
18.72
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.14
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,022.62
+1.1%
Palladium
1,676.57
+0.4%
Goud
1,954.56
+0.2%
Silwer
24.45
+2.0%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,668
-0.1%
Alle aandele
79,864
+0.1%
Hulpbronne 10
74,939
-0.3%
Industriële 25
102,543
+0.0%
Finansiële 15
16,553
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
As jy nie probeer nie sal jy nooit weet nie...¹
LOVE my honde en my kinders. My siels vriende is vir my baie belangrik. Ek steur my nie aan drama nie. Haat shopping centres met ń passie. Alryd aan die kook, bak en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot