AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Vervalle JHB-varsproduktemark moet aandag kry – Agri SA

akkreditasie
Foto: Nico van Burick
Foto: Nico van Burick
Die toestande waaronder meer as 10 000 handelaars daagliks by die Johannesburg-varsproduktemark handel dryf, is onaanvaarbaar.

In ’n brief aan me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling en mnr. Mooketsa Ramasodi, direkteur-generaal van die departement, beskryf Agri SA die toestande by die Johannesburg-varsproduktemark as “haglik”.

Agri SA vra die departement om dringend aandag aan die mark te gee.

Die brief volg op die nuus vandeesweek dat die Tshwane-varsproduktemark nou ingevolge ’n geslaagde mandamus-aansoek gedwing om planne op te stel wat die mark en sy bedrywighede moet regruk.

“Die Johannesburg-varsproduktemark is een van die grootstes in die land. Daagliks kom daar gemiddeld 13 000 handelaars byeen, die mark se markaandeel staan op ongeveer 48% en sy omset is sowat R8,6 miljard per jaar,” skryf mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA.

Volgens die mark se 2021-jaarresultate het dit R8,614 miljard se omset behaal. Die wins was R531,3 miljoen in 2021 teenoor R508 miljoen in 2020.

“Markagente wat kommissie aan die mark betaal het, het gesorg vir ongeveer 80% van hierdie bedrae,” skryf hy. “Die mark sukkel egter met verskeie kwessies en instandhouding is een van die groot struikelblokke. Die mark verdien ’n vaste kommissie van 5% wat ingespan moet word om die mededingende markstelsel en infrastruktuur in stand te hou.”

Verpligtinge van die mark

Van der Rheede skryf verder die geld wat die munisipaliteit uit kommissie ontvang, moet ook gebruik word om seker te maak die mark is skoon, daar is genoegsame sekuriteit, om die hantering van kontant te bestuur en om gerekenariseerde stelsels beskikbaar te stel. “Hierdie dinge is nodig om die verhandeling in vars produkte moontlik te maak,” skryf hy.

Vervalle toestand

Elektrisiteitsvoorsiening en algemene instandhouding is volgens die brief van die groot probleme waarmee die mark worstel.

Die vervalle toestand van die mark raak volgens Agri SA ook die gehalte van vars produkte, veral as daar nie voldoende en werkende verkoelingsgeriewe is nie.

Vrugte, soos piesangs wat op markte ryp word, moet ook onder die regte omstandighede opgeberg kan word.

Informele sektor benadeel

Informele handelaars soos straatverkopers word toenemend van die grootste klante by Suid-Afrikaanse varsproduktemarkte.

Volgens dr. Johan van Deventer, kenner van markte en afgetrede besturende direkteur van Freshmark, sorg die informele mark vir ongeveer 60% van die totale omset van al die land se varsproduktemarkte saam, soos vroeër op Landbou.com berig.

Agri SA sê die mark is ook lid van die World Union of Wholesale Markets (WUWM), ’n internasionale netwerk van organisasies in die vars voedsel- en produksie-bedryf. “Dit sal ’n groot terugslag wees as die mark sy internasionale status verloor as ’n erkende plek waar handel met vars groente en vrugte kan plaasvind omdat boere kies om eerder private markte te begin gebruik,” skryf Van der Rheede. 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
-1.1%
Rand - Pond
21.29
-1.3%
Rand - Euro
18.29
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.81
-1.5%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,797.73
+0.5%
Silwer
23.50
+1.9%
Palladium
1,963.22
+1.7%
Platinum
1,030.76
+2.1%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot