AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Vervoer van perde na W.Kaap verbied

Die Wes-Kaapse Veeartsenydiens het ’n verbod geplaas op die direkte vervoer van perde na die provinsie.  

Die Wes-Kaapse Veeartsenydiens het ’n verbod geplaas op die direkte vervoer van perde na die provinsie se buffersone vir Afrika-perdesiekte vanaf alle ander provinsies.

Dit is onmiddellik van krag. Luidens ’n verklaring volg dié stap nadat verskeie gevalle van dié siekte in die agt ander provinsies aangemeld is.


Tot dusver dié seisoen is 92 diere met die siekte gediagnoseer, waarvan 52 reeds gevrek het. Weens die hoë reënval in die ander dele van die land het die aantal gevalle vinnig toegeneem en kom die siekte vroeër as gewoonlik voor.


Die departement raai dus perde-eienaars aan om nie hul diere te vervoer nie, aangesien die verspreiding daagliks toeneem. Dít die land se uitvoerstatus bedreig wat tot ’n uitvoerverbod van twee jaar deur die Europese Unie kan lei.


Toestemming


Die vervoer van perde kan toegelaat word as die volgende stappe gedoen word:


-    Alle perde wat na die provinsie vervoer word, moet vir ’n minimum van drie weke by Beaufort-Wes of ’n ander goedgekeurde plek onder die wakende oog van die plaaslike staatsveearts bly.

-    Al dié reëlings moet met die plaaslike staatsveearts getref word.

-    Die staatsveearts moet toestemming gee dat die perd geskuif mag word.

-    Die perde moet steeds aan die vereistes van die siekteprotokol voldoen voordat hulle buffersones verlaat.


Perde-eienaars word aangeraai om hul diere oornag in ’n stal aan te hou of na hoogliggende gebiede te neem, twee uur voor sononder en twee uur ná sonop, om te probeer keer dat hulle die siekte opdoen. Die diere moet ook ingeënt wees en daagliks met insekweerders behandel word.

 

Die staatsveearts in die Boland kan by 021 808 5125 gebel word.


3 Maart 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot