AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Vervoer van werkers nie onwettig

Die vervoer van werkers op ’n vragmotor is nie onwettig nie, maar daar is regulasies wat nagekom moet word, sê Agri SA.

Verskeie vragmotors, wat werkers na vrugteplase in die Malelane-omgewing vervoer het, is Dinsdagoggend (17 Julie 2012) by ’n padblokkade afgetrek en verbied om verder te ry. Mnr. Hennie Laas, hoof uitvoerende beampte van Mpumalanga Landbou, sê die situasie is baie frustrerend, aangesien dit tans plukseisoen is.
 
“Die boere wag dat tydelike werkers op die plase moet aankom, want dit is nou pluktyd vir onder meer sitrus, en nou kan die werkers nie op plase uitkom nie. Daar is nie openbare vervoer wat die werkers kan gebruik nie,” aldus Laas.
 
Regulasies
Me. Annelize Crosby, parlementêre verteenwoordiger vir Agri SA, sê die vervoer van werkers is ’n ingewikkelde kwessie met verskillende regulasies wat in sommige provinsies van krag is. “Maar vervoer op ’n vragmotor met relings op, is nie onwettig nie.”
 
Crosby sê die regulasies is by die nasionale Wet op Padvervoer ingesluit. Van die bepalings is dat ’n vragmotor relings van sekere hoogtes moet hê, dat dit padwaardig moet wees en dat die bestuurder die regte bestuurslisensie moet hê. “En natuurlik moet die bestuurders ook die padreëls nakom. In sommige provinsies moet sulke bestuurders ook bykomende permitte hê,” vertel Crosby.
 
‘Aanslag op kommersiële boer’
Laas sê die voorval waarin meer as 20 werkers, wat Vrydag (13 Julie 2012) na ’n plaas vervoer is, dood is, het ’n “aanslag teen die kommersiële boer ontketen hoewel ’n boer in dié geval nie by die situasie betrokke was nie.”
 
Laas sê die werkers wat op die vragmotor was wat deur ’n trein by ’n spooroorgang getref is, was op pad na ’n plaas waar hulle werk wou gaan soek. Die groep is vervoer op ’n vragmotor wat die bestuurder se eiendom is. Dié bestuurder het glo ’n onderneming wat werkers op onder meer vragmotors vervoer.
 
Na aanleiding van bewerings dat die boer na wie die werkers op pad was, ondersoek gaan word, sê Laas: “Ek weet nie wat hulle wil ondersoek nie, want dit was nie die boer se vragmotor of bestuurder nie.”
 
Die bestuurder verskyn Dinsdag (17 Julie 2012) in die landdroshof op Barberton en Laas sê hy staan glo op ’n aanklag van strafbare manslag tereg.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.80
-1.0%
Rand - Pond
20.13
+0.5%
Rand - Euro
17.62
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.48
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,712.82
-0.8%
Silwer
20.29
-3.7%
Palladium
2,262.31
-2.6%
Platinum
921.88
-1.2%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,299
-0.9%
Alle aandele
65,692
-0.9%
Hulpbronne 10
63,603
-1.5%
Industriële 25
79,538
-0.7%
Finansiële 15
13,965
-0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Natuurliefhebber
Alles in natuur , kamp wildtuine road trips tent chalets . Wil eerlikheid he , vrede vreugde en geluk met n gebalanseerde verhouding en moet mekaar kan ondersteun deur dik en dun
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot