Hierdie stelsel is die ruggraat van die Durban-mark se verkoopsvloere. Dit verseker dat produkte se raklewe verleng word en dat dit langer vars bly in Durban se warm en humiede toestande.
Die onderhoud aan die koelkamers en rypmaakkamers waarin bederfbare produkte gehou en piesangs ryp gemaak word, is só ver agter dat piesangs nie meer voldoende ryp gemaak kan word nie en die koueketting van vrugte verbreek word.
Wanneer hierdie stelsel nie reg werk nie, kan die vryemarkstelsel nie behoorlik funksioneer nie, sê mnr. Deon van Zyl, handelshoof van Grow Markagentskap. Dit is kommerwekkend, want die mark is waar die prys vir vars produkte vasgestel word en bepaal dus produsente se verdienste.