
Die verwagte mielie-oes het met meer as ’n halfmiljoen ton gestyg sedert die vorige oesskatting einde April bekend gemaak is. Dit is die grootste oes die afgelope dekade.
Die oesskattingskomitee sê in sy vierde produksieskatting van somergewasse dat die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes nou 13,549 miljoen ton beloop. Dit is sowat 4% of 519 600 ton hoër is as die vorige skatting van 13,029 miljoen ton.
Die produksieskatting van wit mielies is 7,528 miljoen ton, wat 6,53% of 461 650 ton meer is as die 7,067 milj. ton van die vorige skatting. Die opbrengs van wit mielies is 4,85 t/ha.
In die geval van geel mielies is die produksieskatting 6,020 miljoen ton, wat 0,97% of 57 950 ton meer is as die vorige skatting. Die opbrengs van geel mielies is 5,29 t/ha.
Sonneblomsaad ook meer
Die produksieskatting vir sonneblomsaad is 853 325 ton, ’n toename van 3,39% in vergelyking met die vorige skatting. Die verwagte opbrengs 1,42 t/ha.
Die produksieskatting van sojabone is 893 090 ton, wat 2,93% meer is as die 867 700 ton van die vorige skatting. Die verwagte opbrengs is 1,78 t/ha.
Die verwagte grondbone-oes het met 5,13% tot 89 640 ton toegeneem. Die verwagte opbrengs is 1,72 t/ha is.
Die produksieskatting van sorghum is onveranderd gelaat op 233 220 ton.
In die geval van droëbone is die produksieskatting 89 018 ton, wat 12,39% meer is as die vorige skatting van 79 205 ton.
* Vroeër is berig dat die lewering van die mielie-oes, wat die grootste die afgelope dekade is, drupsgewys ingelewer word.