Reuseswerms bruinsprinkane is teen einde Maart gewaar in die omgewing van Willowmore, Jansenville en Wolwefontein, al drie belangrike produksiegebiede vir skaap-, bok- en sybokhaarproduksie.
Die plaag volg ná goeie reënval die afgelope somer ’n einde gebring het aan ’n uitmergelende droogte van sewe jaar of meer, en bedreig nou opnuut boere se veld.
Sprinkaanswerms is vanjaar ook gewaar in gebiede waar hulle nooit tevore of vir die eerste keer in 40 jaar weer gesien is, soos die Calitzdorp-omgewing in die Klein Karoo, asook die Baviaanskloof in die Oos-Kaap.