AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9830,2
56,20
CORN
30 Mrt
-
4512,2
-17,80
SOYA
30 Mrt
-
8205
-38,00
SUNS
30 Mrt
-
9027,2
-33,80
WEAT
30 Mrt
-
6681
2,00
WMAZ
30 Mrt
-
3850
-1,00
YMAZ
30 Mrt
-
4060
-6,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

‘Vestig volledige waardeketting vir wild’

'n Volledige waardeketting is vir die wildbedryf nodig want die voordele het van groot belang geword, sê mnr. Wiaan van der Linde, uittredende voorsitter van Wildbedryf SA.

Hy het die Departement van Omgewingsake se verbintenis tot volhoubare benutting van natuurlewe as hulpbron vir Suid-Afrika se inwoners en opheffing van gemeenskappe as bemoedigend ervaar, het mnr. Wiaan van der Linde op die Wildbedryf SA-kongres by Polokwane in sy laaste toespraak as voorsitter gesê.

Van der Linde het besluit uit te tree as voorsitter vanweë gesondheidsredes. Hy het in sy openingstoespraak vertel hoe hy ná 'n ongeluk verlede jaar van voor af moes leer lees deur eers legkaarte te bou wat op sesjariges gemik is. "Om vandag hier te wees is meer as 'n eer, dis 'n wonderwerk," het hy gesê en bygevoeg dat sy persoonlike omstandighede saam met die droogte 2016 een van die moeilikste jare van sy lewe gemaak het.

Van der Linde sê een van die grootste uitdagings van sy tyd as voorsitter was om duidelike onderskeid tussen kommersiële wildboerdery en die bewaring van biodiversiteit in die bedryf te maak. "Ek het gedink dat ons 'n lang pad van hierdie doel weg is tot ek die Cites-vergadering in Sandton bygewoon het in September. Die Minister van Omgewingsake, me. Edna Molewa, verdien baie lof vir die manier waarop sy Suid-Afrika se belange in suidelike Afrika se natuurlike hulpbronne daar verteenwoordig het.

Huidige permitstelsel

"Een van die faktore wat groei in ons sektor beperk is die huidige permitstelsel omdat dit nie altyd maklik is vir staatsamptenare om onderskeid te maak tussen die reëls vir 'n bewaringsliggaam en die reëls vir 'n kommersiële boerdery nie, maar ek verseker julle – ons het die departement se steun al voel dit nie altyd so nie."

Van der Linde se tydperk as WRSA-voorsitter sal ook onthou word vir die stryd tussen lede wat wild as plaasvee onder die Departement van Landbou wil sien sorteer en wildboere wat glo wild en natuurlewe kan beter aan buitelanders bemark word onder die Departement van Omgewingsake.

Verbind tot transformasie

Die verskille ten spyt sê hy dit is nou noodsaaklik om 'n volledige waardeketting vir die wildbedryf daar te stel, want die moontlike voordele, soos werkgeleenthede, bydrae tot sosiale belegging en verbintenis tot transformasie het van onbetwisbare belang vir die bedryf geword.

"Kom ons word nie vasgevang deur die klein uitdagings en persoonlike verskille tussen ons nie, terwyl ons intern fokus, mis ons die groter uitdagings en ook geleenthede daar buite wat ons 100% fokus en energie elke dag verg."

Dr. Peter Oberem sal WRSA lei totdat in Oktober 'n nuwe voorsitter in Oktober gekies word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
+0.0%
Rand - Pond
22.35
-0.2%
Rand - Euro
19.64
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.15
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-0.3%
Platinum
968.59
+0.9%
Palladium
1,438.35
-0.7%
Goud
1,966.34
+0.1%
Silwer
23.58
+1.1%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,401
+0.8%
Alle aandele
77,022
+0.7%
Hulpbronne 10
67,661
+1.5%
Industriële 25
103,807
+0.5%
Finansiële 15
15,683
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot