
Dis maar ’n “rowwe trippie”, sê Steve Hofmeyr oor sy rylopery om bewustheid oor plaasmoorde te kweek.
“Ons moes twee keer regtig duimgooi. Die mense het ons nie herken nie en net verbygejaag. “Dit was rof. Ek het laas ge-hike toe ek 20 was,” het Hofmeyr aan Volksblad gesê.
Hofmeyr en die OFM-omroeper Tim Thabethe het Vrydag omstreeks 10:30 buite Bloemfontein op die N1 begin ryloop Kaapstad toe om U2 se konsert gistraand daar te gaan bywoon.
Maar bewustheid oor plaasmoorde was hul eintlike oogmerk.
Kyk hier `n video van die twee se reis.
Bron: Volksblad