AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Vierkantige appels, pere, Dames en Here

Uiteindelik: Appels en pere wat nie kan wegrol nie! Dit is wat Tru-Cape vir vrugte-liefhebbers ontwikkel het.

Tru-Cape Vrugtebemarking, die grootste verskaffer van Suid-Afrikaanse appels en pere, het ’n program om vierkantige appels en pere te skep – wat die opsny daarvan sal vergemaklik en keer dat dit van kombuistoonbanke afrol – bekend gemaak.

Die bestuurder van gehaltebeheer, mnr. Henk Griessel, is in beheer is van ’n toetsblok bome wat op die Oak Valley-landgoed in Grabouw gekweek word. Hy sê hierdie stap volg op ’n neiging in Asië om vrugte in verskillende vorms te kweek.

“Ons het sommige Chinese pere gesien wat in die vorm van die Boeddha gekweek is. Voorheen het ons al daarin geslaag om prentjies op vrugte te skep deur plakkertjies gedurende die groeiproses daarop aan te bring om in der waarheid sonbrandlyne te skep,” verduidelik hy.

Mnr. Buks Nel, Tru-Cape se variëteitskenner, sê baie produsente het hom al genader om ’n meer doeltreffende manier te vind om vrugte in houers te verpak en om ’n manier te vind om te keer dat die vrugte rondrol. “Ons is bly om te kan aankondig dat ons meer vierkantige vrugte in ’n houer kan pak noudat ons die ruimte gebruik wat ronde vrugte mors.”

Nel spot dat wanneer die vierkantige vrugte in ’n sesstuk- vierkantige boks gepak word, dit eintlik in ’n soort speeding ontaard vir die moderne gesondheidsbewuste klant. “Wanneer my kleindogter, Rosy Glow, met haar Royal Gala op skool spog, geniet sy dit om die vierkantige vrugte as boublokkies in te span. Wanneer sy honger is, is daar dan sommer klaar ’n versnapering vir haar gereed!”

Dink uít die boks
Dié laetegnologie-oplossing - vierkantige Perspex-boksies wat om die klein vruggie vasgemaak word terwyl dit aan die boom groei - is deur Tru-Cape se bemarkingsdirekteur, mnr. Conrad Fick, gemaak.

Griessel verduidelik die proses: “Ons moes soek na appels met lang stele, anders kon ons nie die boksies oor die klein vruggies pas nie. Die boksies is nou al sowat drie maande aan die bome. Ons het al klaar sowat 60% van die boksies verloor weens windvlae. Die skep van vierkantige vrugte is dus nie ’n maklike proses nie, maar ons wou iets doen om ons klante en mediavriende mee te vermaak op April-gekkedag.”

Tru-Cape se besturende direkteur, mnr. Roelf Pienaar, glimlag wanneer hy sê hoewel vierkantige vrugte miskien die verpakking doeltreffender maak, Tru-Cape se vrugte per gewig eerder as per aantal verkoop word.

* Vir foto’s van nóg van Tru-Cape se vierkantige appels en pere, besoek www.Tru-Cape.co.za.

Byskrif: Vierkantige pere is seker moontlik as Chinese pere al in die vorm van die Boeddha gekweek is, of hoe?

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot