AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Vinpro: Lone bedreig wynbedryf

Die staat moet die wanbalans tussen ekonomiese werklikhede en maatskaplike druk in die landbou regstel, sê Vinpro.

Die sektorale vasstelling van lone wat van 1 Maart 2013 af sal geld, is goedgekeur sonder dat die ekonomiese werklikhede op produksievlak en op produktiwiteitsmaatstawwe in ag geneem is, sê Vinpro.

Dié diensorganisasie vir wynprodusente sê luidens ’n verklaring die drastiese verhoging gaan veral kleiner boerdery-eenhede raak “waarvan die meeste die ekstra las eenvoudig nie sal kan diens nie.”
 
Die bedryf se totale basiese arbeidskoste beloop reeds R800 miljoen per jaar, wat beteken dat dié koste van volgende maand af op ’n jaargrondslag met R190 miljoen sal toeneem. Die loonstyging sal, tesame met die koste van elektrisiteit, brandstof, watertariefverhogings en aksynsbelasting koste-inflasie in die 2013/’14 boekjaar met 15% laat styg.
 
Kosteknyptang
Wynboere is volgens die organisasie die afgelope paar jaar reeds vasgevang in ’n kosteknyptang weens inkomste wat nie tred hou met insetkostestygings nie. “Die huidige netto boerdery-inkomste (NBI) in die bedryf is reeds meer as 50% minder as wat dit behoort te wees ten einde langtermyn-volhoubaarheid te verseker.”
 
Die verhoging gaan volgens die organisasie ook verskeie veranderinge rakende boerderymetodes tot gevolg hê. Een van dié veranderinge sal konsolidasie wees om ’n skaalekonomie te bewerkstellig, en dít gaan gewoonlik gepaard met werksverliese.
 
Dit gaan ook meganisasie versnel, en Vinpro verwag dat vergoeding van werkers toenemend gekoppel sal word aan produktiwiteit en die meting van uitsette.
 
Bemagting
Die verhoging kan verder beteken dat die bemagtiging van werkers in die slag kan bly, en die organisasie verwag dat dit die 52 bemagtigingsprojekte in die bedryf “ongetwyfeld ernstig” sal raak.
 
“Dit is van die uiterste belang dat ’n strategiese raamwerk dringend geformuleer word waarbinne die wynbedryf, Regering en ander betrokkenes besin oor maatskaplike, ekonomiese en omgewingsfaktore vir toekomstige volhoubaarheid; so nie, kan talle boere die bedryf verlaat,” aldus Vinpro.
 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my sielsgenoot
Ek is ń eerlike, opregte tipe man met vaste beginsels wat weet hoe om ń vrou met respek te behandel. Ek hou van reis, braai en dans.
Kom ons skryf on eie verhaal
Baie vriendelik. Ek hou daarvan om in die buitelig te wees. Ek hou daarvan om in natuur. Ek doen scuba diving en ballroom dans. Ek hou daarvan om n iewers te gaan sit waar dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot