
Daar is iets magies aan die oomblik wanneer die eerste saailinge deur die grond breek of nuwe kalwers op die plaas verwelkom word. Dít is wanneer towerkuns en wonderwerke vervleg word.
The Magic of VKB, ’n nuwe veldtog deur VKB wat met die samewerking van die kulkunstenaar mnr. Brendon Peel aangebied word, stel verskillende aspekte van die landbou, asook VKB se produkte, winkels en prosesse ten toon. Die veldtog sal die hele jaar aangebied word.
Peel is ’n gewilde kulkunstenaar wat bekendheid verwerf het met sy optrede op die televisieprogram Britain’s Got Talent waar hy die beoordelaars beïndruk het. Hy is selfs as een van die gekste optredes in die geskiedenis van die program benoem.
Hy sal in die loop van die jaar elke Maandag in video’s op alle sosialemediaplatforms te sien wees. In een van sy toertjies verander hy mielies in ’n oogwink in mieliemeel om die proses van silo tot meul ten toon te stel.
Volg VKB en Peel se sosialemediaprofiele om sy talent te beleef en saam met VKB elke boer te bedank vir die volharding waarmee hulle te werk gaan om kos op ons tafels te sit.