AFGRI
BEAN
28 Okt
-
7240
147,00
CORN
28 Okt
-
3405
122,00
SOYA
28 Okt
-
7440
-15,00
SUNS
28 Okt
-
9799
172,00
WEAT
28 Okt
-
5880
80,00
WMAZ
28 Okt
-
3320
49,00
YMAZ
28 Okt
-
3476
69,00
AMT
Beeste A2/3
22 Okt
-
53,12
-0,01
Beeste AB2/3
22 Okt
-
51,44
0,00
Beeste B2/3
22 Okt
-
49,2
0,00
Beeste C2/3
22 Okt
-
45,11
0,00
Bevrore Hoender
22 Okt
-
29,28
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
22 Okt
-
67,85
0,04
Bokooie
22 Okt
-
44,07
0,10
Groot (meer as 40 kg)
22 Okt
-
40,19
0,13
Hoender (IQF)
22 Okt
-
27,37
-0,01
Medium (30-40kg)
22 Okt
-
54,78
-0,01
Pork Average
22 Okt
-
27,29
-0,01
Poultry Average
22 Okt
-
29,26
0,00
Skaap A2/3
22 Okt
-
82,67
0,00
Skaap AB2/3
22 Okt
-
75,9
0,01
Skaap B2/3
22 Okt
-
70,32
0,01
Skaap C2/3
22 Okt
-
67,22
-0,02
Speenkalf
22 Okt
-
39,87
0,00
Spekvarke
22 Okt
-
27,23
-0,02
Stoorlammers
22 Okt
-
45,23
-0,03
Varkwors
22 Okt
-
22,33
-0,01
Vars Hoender
22 Okt
-
31,13
0,00
Vleisvarke
22 Okt
-
28,17
0,01
Wol (skoon)
22 Okt
-
166,76
-0,02

VKB wil waarde vir aandeelhouers skep

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Die VKB-groep het nog ’n paar groot projekte om te voltooi sodat aandeelhouers meer munt kan slaan uit sy mededingende landbounetwerk.

Die VKB-groep het nog ’n paar groot projekte om te voltooi sodat aandeelhouers meer munt kan slaan uit sy mededingende landbounetwerk. Dié projekte sluit in die moontlike uitbreiding van sy bestaande vennootskap met BKB, die sluit van ’n vennootskap met GWK en die instelling van ’n struktuur waar bestaande aandeelhouers die keuse kry om hul aflosbare aandele in te ruil vir nie-aflosbare aandele wat ’n dividend lewer.

Só het mnr. Koos Janse van Rensburg, besturende direkteur van die VKB-groep, gesê met die jaarlikse oorsig van die groep se resultate. “VKB se balansstaat het die afgelope jare aggressief gegroei, die groep het stelsels van wêreldgehalte ingestel en ’n mededingende landbounetwerk geskep. In die toekoms sal die voltooiing van die laaste groot projekte ons in ’n posisie plaas om hierop te kan voortbou.”

Van Rensburg het in sy aanbieding die agtergrond geskets oor die regulatoriese raamwerk waarbinne die voormalige landboukoöperasies nou sake doen en wat die speelveld vir dié instellings totaal verander het. Só moet enige transaksie eers die toestemming van die Mededingingskommissie verkry.

Nadat VKB ’n strategiese vennoot van BKB geword het, het die Mededingingstribunaal die groen lig gegee dat bedrywighede van die twee groepe se handels- en finansieringsafdelings saamgevoeg word. “Ons wil ook toestemming van die Mededingingskommissie vra om ’n transaksie aan die graankant van ons bedrywighede te doen wat waarde vir aandeelhouers van albei maatskappye kan skep,” het Janse Van Rensburg gesê.

Oor die moontlike samewerking met GWK het hy gesê dit is reeds deur albei maatskappye se direksies goedgekeur. Die twee partye onderhandel oor ’n transaksie, soortgelyk aan die model wat met BKB gebruik is, waar die handelsname van die winkels in elke streek behou is. “Ons benodig egter nog die goedkeuring van die Mededingingskommissie.”

Nie-aflosbare aandeel

VKB praat op die oomblik met sy aandeelhouers oor die instelling van ’n nie-aflosbare aandeel waarvoor hulle hul huidige aflosbare aandeel kan verruil. Die nuwe aandeel sal ’n dividend betaal en is nie aan stemreg gekoppel nie. Die omruiling kan huidige aandeelhouers in staat stel om vinniger as die wagtydperk van 15 jaar hul aflosbare aandele om te ruil vir aandele wat kan verhandel. “Die meeste van hulle wil nie 15 jaar wag nie en nou kry hulle die geleentheid om vinniger toegang tot kontant te kry. Die aandeel sonder stemreg bedreig ook nie die beheer nie, wat baie belangrik is vir VKB-aandeelhouers.”

Vir die boekjaar tot einde Maart 2021 was VKB se netto wins voor aansporingskorting en belasting R334 miljoen, wat 6% laer is as die vorige boekjaar se R356 miljoen. Die laer syfer is egter grootliks veroorsaak deur ’n eenmalige afskrywing van R92 miljoen wat gedoen is omdat ’n rekenkundige fout in vorige resultate reggestel moes word. Sonder dié korreksie sou die wins R426 miljoen gewees het, ’n styging van 27%.

’n Aansporingskorting van R248 miljoen is uitbetaal, wat volgens Janse van Rensburg beklemtoon dat die groep en sy klante ’n goeie landboujaar gehad het.

Kommer is egter uitgespreek oor VKB Nywerhede. Dié afdeling, wat Grain Field Chickens en die sojapers Free State Oil insluit, se wins voor belasting was net R1 miljoen. Die groep skryf die verlaagde wins toe aan ’n moeilike jaar vir die hoenderbedryf weens die covid-19-inperkings se sluiting van eetplekke en die druk wat ingevoerde sojameel op sy sojapers se winsmarges geplaas het. Die vooruitsigte vir vanjaar lyk egter heelwat beter en die groep verwag ’n beter vertoning in die volgende boekjaar.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.11
-0.3%
Rand - Pond
20.85
-0.8%
Rand - Euro
17.66
-1.1%
Rand - Aus dollar
11.41
-0.7%
Rand - Jen
0.13
-0.7%
Goud
1,801.22
+0.3%
Silwer
24.08
+0.1%
Palladium
2,000.66
+1.6%
Platinum
1,026.00
+1.3%
Brent-ruolie
84.58
-2.1%
Top-40
61,093
+0.4%
Alle aandele
67,760
+0.4%
Hulpbronne 10
63,494
+0.7%
Industriële 25
87,815
+0.6%
Finansiële 15
13,964
-0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Oud maar nog nie koud
Eerlikl lojaal, vriendelik, hou van fietsry, sports en vinnige karre, buitelewe, braai en kuier saam met vriende en my familie en kinders is my lewe
Lief vir die lewe, wil lag en rustig wees
Ek is baie entosiasties, hou van motorfietse, en vinnige karre. Baie lief vir mense. Lief vir my God. My kinders en famielie is baie belangrik vir my. Hou van die buite lewe,...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot