
Dit is kommerwekkend dat 48% van die Suid-Afrika se vleilande onder druk is en dat net sowat 18% van alle vleilande in die land beskerming geniet, sê dr. Japie Buckle van die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (Sanbi).
Buckle was een van die sprekers by die Natuurlewe-konferensie in die Baai en het gesê dat van alle ekostelsels, vleilande dié een is wat die ergste bedreig word. “Vleilande speel ’n enorme rol in die suiwering van die land se water en is ’n hidrologiese buffer tydens oorstromings.”
Hoewel hy begrip het dat boere in die afwesigheid van staatsubsidies vir grondbewaringswerke is, dit nie meer self op groot skaal kan doen nie, is dit nogtans jammer dat daar van hulle is wat rivieroewers myn net om ’n stukkie landery te vestig. Hy het foto’s getoon waar sulke gevalle voorkom en niemand die betrokke boere aanspreek nie.