Só waarsku mnr. Dewald Olivier, uitvoerende hoof van die SA Voerkraalvereniging.
Hy het gereageer op navrae oor die erns van die uitbreking by twee groot voerkrale in die Vrystaat en Noordwes, en gesê die situasie waar daar vir ses weke nie geslag kan word nie, het teen druktyd (18 Julie) reeds ’n effek op vleispryse gehad.
“As dit by nog ’n voerkraal of twee moet gebeur – wat nie onmoontlik is nie – gaan daar ’n paar goed in die land rondom vleispryse en die beskikbaarheid van rooivleis skeefloop.