
Twee roudienste sal eerskomende Vrydag (21 September) in die Bergsig NG Kerk, New Castle, plaasvind ter herdenking aan die drie landbouleiers wat verlede Donderdagmiddag in ’n vliegtuigongeluk gesterf het.
Mnr. Theuns van Rensburg se diens vind om 10:00 plaas en daarna word ’n gesamentlike diens om 12:00 vir mnre. Jannie Kemp en Jannie Boshoff gehou.
Die New Castle-boere was op pad van Pietermaritzburg af huis toe toe die vliegtuig neergestort het. Die boere het vroeër die dag Kwanalu se jaarkongres bygewoon.