
Die vloede wat landwyd voorkom, het reeds tot die verklaring van ’n nasionale ramptoestand gelei. SA Suikerrietkwekers versoek nou suikerrietkwekers en ander boere in Mpumalanga om die vloede se impak op kwekers in dié provinsie te bepaal.
Sodra die nodige data en verwante skadeverslae versamel is, sal dit saamgevoeg en aan die provinsiale rampbestuursentrum voorgelê word om ramphulp te bekom. Om dit te kan doen, moet akkurate data ingesamel word.
Boere in Mpumalanga word dus versoek om ’n opname op die aanlyn platform Survey Monkey te voltooi. Dit duur sewe minute. Boere moet daarop let dat deur die opname in te vul, hulle toestemming gee dat die inligting wat hulle verskaf, gebruik en gedeel kan word om vir die nodige ramphulp aansoek te doen.
Besoek https://www.surveymonkey.com/r/VSHRZB2 om die opname te voltooi. Die opname sal tot aan die einde van Februarie aanlyn voltooi kan word.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.