Die Oranjerivier se oorstromings het ook boere in die suide van Namibië hard getref met oes-verliese.
Luidens ‘n berig in The Namibian het die rivier Vrydag sy oewers aan Namibië se kant oorspoel wat reuse produksieverliese vir boere langs die rivier kan beteken.
Die rivier se vlak het volgens die berig verlede week vlakke van tot nege meter bereik.
Vrese oor bo-vlak grond
‘n Boer, mnr. J.A. Olivier, sê hy verwag om tussen 50% en 60% van sy oes te verloor. Hy sê hulle is veral bekommerd dat vrugbare bo-vlak grond weggespoel het, aangesien dít ná 1988 se groot vloede beteken het dat baie boere nie met hulle boerderye kon voortgaan nie.
“Daar is niks wat ons tans kan doen behalwe om te wag dat die water afloop nie. Ons moet op ons knieë gaan en hoop vir die beste terwyl on sons voorberei op die slegste,” vertel hy.
Bron: The Namibian
17 Januarie 2011