AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Vloede tref noorde van Namibië

Dele van die noorde van Namibië is as rampgebiede verklaar nadat vloedwater sowat 10 000 mense dakloos gelaat en paaie weggespoel het.

Dele van die noorde van Namibië is as rampgebiede verklaar nadat vloedwater sowat 10 000 mense dakloos gelaat en paaie weggespoel het. Luidens ‘n berig op News24.com het 62 mense al in Oshakati, 720 km noord van Windhoek, reeds verdrink en is 5000 inwoners van dié gebied reeds uit hulle huise gedryf.


“Ek en my kabinet het die heersende situasie in diepte bespreek, en met verskeie kenners daaroor gepraat… en ek het tot die gevolgtrekking gekom dat ek ‘n rampsituasie in die noorde en noord-oostelike dele van ons land moet verklaar”, aldus mnr. Hifikepunye Pohamba, Namibië se president.


Ergste in geskiedenis


“Namibië ondervind weer verwoestende vloede… hierdie kan die ergste vloedramp in die land se geskiedenis wees”, sê Pohamba.

 

Hy sê 247 skole moes hulle deure sluit weens stygende watervlakke, en klinieke en huise is oorstroom. Hoë reënval het sedert Januarie in die noorde van die land voorgekom, wat die watervlakke in die Zambezi- en die Okavangorivier baie verhoog het.


Hulp vir mielie-oeste


Pohamba sê hulle is bekommerd dat die oorstromings die land se mielie-oes kan beïnvloed. Dié gewas is die land se stapelvoedsel, en derhalwe is ‘n bedrag van N$30 miljoen bewillig om dié krisis aan te spreek.


Reën word ook in die suide van Angola verwag, wat die kanse vir oorstromings in dié land verhoog.


Bron: News24.com


30 Maart 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
-0.5%
Rand - Pond
20.81
+0.4%
Rand - Euro
18.75
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Platinum
1,016.29
-0.9%
Palladium
1,684.58
+0.9%
Goud
1,915.07
+0.1%
Silwer
23.46
-0.0%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
74,013
+0.5%
Alle aandele
80,141
+0.4%
Hulpbronne 10
75,044
+0.5%
Industriële 25
103,411
+0.8%
Finansiële 15
16,519
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
Alleen maar gelukkig
Ek is n sosiale spontane mens wat hou van lag en goeie geselskap. Ek werk hard, soms lang ure, maar hou ook van rustig wees. Ons is nie veronderstel om alleen deur die lewe te...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot