AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Vloedskade: Boere van KZN spring in om paaie te herstel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Boere by Creichton en Mid-Illovo in KwaZulu-Natal het ná vele vrugtelose interaksies met die provinsiale vervoerowerheid self ingespring om die paaie wat deur swak instandhouding en vloedwater vernietig is, te herstel. Foto: Kwanalu
Boere by Creichton en Mid-Illovo in KwaZulu-Natal het ná vele vrugtelose interaksies met die provinsiale vervoerowerheid self ingespring om die paaie wat deur swak instandhouding en vloedwater vernietig is, te herstel. Foto: Kwanalu
Boere van KwaZulu-Natal het ná die onlangse verwoestende vloed ingespring om die paaie wat so belangrik is vir hul voortbestaan en volgehoue voedselproduksie, te herstel.

Die herstelaksies volg nadat hulle herhaalde kere die kwessie van swak paaie onder die aandag van die provinsiale owerhede gebring het.

Die toestand van die meeste van die provinsie se paaie in landelike gebiede laat veel te wense oor weens gebrekkige instandhouding. Die probleem is vererger toe sekere gebiede 400 mm reën in 24 uur gekry het en verskeie paaie weggespoel het, terwyl ander nou haas onbegaanbaar of by ’n punt van ineenstorting is.

Die vernaamste landelike paaie na Mid-Illovo en dele van Creighton is swaar getref. By Mid-Illovo is die gemeenskap se hooftoegangsroete afgesny toe ’n laagwaterbrug heeltemal onder die vloedwater verdwyn het.

Mnr. Brett Chubb, voorsitter van die Mid-Illovo-boerevereniging, sê die vloed se uitwerking was enorm.

“Suiker en hout kon nie uit die distrik vervoer word nie en dit was nie moontlik om diesel af te laai nie. Dit het veroorsaak dat boerdery-aktiwiteite tot stilstand gekom het en daar nie kos of ’n inkomste was nie. As daar ’n noodgeval was, sou ambulanse, die polisie en sekuriteitsmaatskappye nie kon help nie. Die kinders kan ook nie skool toe gaan nie.”

Chubb sê dis ’n groot werk om die paaie te herstel en die gemeenskap betaal self vir alles.

Hulle het 15 trekkers en waens, vyf laaigraaf-kombinasiemasjiene, bossiekappers, kettingsae en vragte klippe gebruik. Al die masjinerie het boonop bestuurders en operateurs nodig gehad en 60 werkers is gebruik om die werk te doen.

Daar was reeds ’n betoging deur ontevrede taxi-eienaars. Chubb meen gemeenskappe sou erg benadeel word as boere en hul werkers nie die paaie herstel het nie.

By Creighton in die distrik Harry Gwala het boere die paaie wat weggespoel het, herstel.

Mnr. Hayden Stokes, ’n boer van Creighton, sê hulle moes op eie koste en teen bykans R20 per liter vir diesel self werk om die paaie weer begaanbaar te maak. “Dit is ’n ramp vir boere en landelike gemeenskappe wat op die paaie staatmaak. Paaie is haas onbegaanbaar en gevaarlik om te gebruik. Ons vul dit op met skalie en probeer verhinder dat die pad verder verval.” 

kwazulu-natal, paaie, infrastruktuur
Boere by Creichton en Mid-Illovo in KwaZulu-Natal het ná vele vrugtelose interaksies met die provinsiale vervoerowerheid self ingespring om die paaie wat deur swak instandhouding en vloedwater vernietig is, te herstel. Foto: Kwanalu

Vergeefs met departement geskakel

Voordat hulle begin het om die paaie op eie koste te herstel, het die boereverenigings van Mid-Illovo en Ingwe gereeld met die departement van paaie en vervoer geskakel.

“Ons het briewe gestuur van almal wat deur die toestand van die paaie benadeel word, en verskeie vergaderings met verskillende belanghebbendes gehad. Ons het die paaie en ons bekommernisse aan amptenare gaan wys,” sê Chubb.

Kort nadat die paaie herstel is, het dieselfde probleme opnuut opgeduik. Hulle het weer vergaderings gehad oor die swak manier waarop die paaie herstel is.

Ná dit alles het hulle besluit om die paaie self te herstel. 

Kwanalu se paaie-veldtog

Kwanalu het ’n “paaieveldtog” begin om gesamentlike aksie op distrikvlak te kry. Die veldtog beoog om binne die toepaslike strukture op distriks-, provinsiale en nasionale vlak te werk en ook ander planne te maak.

Die provinsiale landbou-unie het ook onlangs ’n webinaar vir leiers van die provinsie se boerevereniging- en grondeienaarsverenigings om oor die chroniese swak toestand en voortgesette agteruitgang van landelike paaie in KZN te praat.

Leiers van Agri Oos-Kaap en Vrystaat Landbou het ook die vergadering bygewoon.

Me. Sandy la Marque, hoofbeampte van Kwanalu, het aan afgevaardigdes gesê die gesamentlike aksies van provinsiale landbou-unies is noodsaaklik om dringende aandag te vestig op ’n probleem wat almal raak. “Landbou en landelike mense se bestaan word geraak, maar ook die lewe van die algemene publiek wat van die landbou vir kos afhanklik is.”

La Marque het gesê hulle hoop om gou ’n vergadering met die provinsiale LUR vir vervoer, gemeenskapsveiligheid en -skakeling en ander amptenare te kry. “As dit nie plaasvind nie, sal ons regsteun ondersoek.”

Sy het alle belanghebbendes aangemoedig om swak paaie te rapporteer sodat die herstel van KZN se infrastuktuur voorkeur kan geniet.

“Die regering, munisipaliteite en belanghebbendes moet op alle vlakke saamwerk om seker te maak dat infrastruktuur verbeter word met ekonomiese implikasies in gedagte. Meer kan gedoen word as ons saamwerk.”

* Agri SA het onlangs ‘n landswye veldtog oor swak paaie begin. Lees hier meer daaroor. Kwanalu se veldtog geld egter net paaie in KwaZulu-Natal. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
+0.4%
Rand - Pond
22.28
+0.6%
Rand - Euro
19.59
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+1.7%
Platinum
967.19
+0.8%
Palladium
1,433.17
+1.2%
Goud
1,965.36
-0.4%
Silwer
23.30
-0.1%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kuier lekker saam
Ek hou van musiek, braai, kuier met vriende, kamp, ens. Tipiese introvert kom daar tye waar ek bietjie alleen tyd nodig het, en ek gun dieselfde vir my vriendin. Ek werk hard en...
Ant
Oopkop en standvastig. Onafhaklikheid belangrik vir my. Doen nie drama nie. Lewe te kort om te mors op dinge en mense wat jou nie gelukkig maak nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot