Produsente van verskeie gewasse is wel bekommerd oor die gevolge.
Volgens mnr. Wilco Fourie, voorsitter van die Oranjerivier-landbou-unie, is dit moeilik om nou ’n algehele beraming oor die skade te doen, want water het nog nie oral genoeg teruggetrek nie.
Hy sê hoewel die skade in die gebied relatief beperk voorkom, was kontantgewasse soos groente, waatlemoene, spanspekke, mielies, katoen en lusern onder water. Daardie oeste is daarmee heen. Dit is groot skade vir enkele boere.