Dié plakkers is omtrent so groot soos ’n R5-muntstuk – maar elke bietjie help, sê omgewingsbewustes wat bekommerd is oor die hoeveelheid onverweerbare plastiek wat op stortingsterreine en elders in die omgewing ophoop.
Ook in Suid-Afrika is boere en verpakkers toenemend besig om alternatiewe vir plastiek te oorweeg en waar moontlik toe te pas.
Die Verenigde Nasies se omgewingsorganisasie het juis vroeër vandeesmaand besluit om te begin werk aan ’n nuwe wetlik bindende verdrag oor plastiekbesoedeling, wat hopelik teen 2024 op die tafel sal wees.