Die wêreld huiwer op die rand van nóg ‘n voedselprys-krisis.
Die Verenigde Nasies se Voedsel-en-Landbou-organisasie (FAO) het pas bekend gemaak dat sy maandelikse voedselprys-indeks vir die sewende agtereenvolgende maand gestyg het, en nou op sy hoogste vlak nog staan sedert met die byhou van dié statistieke in 1990 begin is.
Hoër pryse
Die indeks is ook ho?r as in 2007/’08 se voedselkrisis, toe woede oor kos-inflasie openbare opstande in talle lande tot gevolg gehad het.
Daar word reeds wyd bespiegel dat dit een van die oorsake van die huidige opstande in die Midde-Ooste kan wees. Die FAO-indeks weerspie?l die pryse van ‘n mandjie van basiese kossoorte, wat grane, oliesade, suiwelprodukte, vleis en suiker insluit.
Die Januarie-indeks, wat pas bekend gemaak is, was net onder 231 punte, vergeleke met Desember se 223 punte. Dit volg ná skerp prysstygings op die internasionale graanmarkte die afgelope paar maande, wat veral oor die Kerstyd vlam gevat het.
Suid-Afrikaanse verbruikers word nog deur die sterk rand en die groot plaaslike witmielie-oorskot teen die prysstygings beskerm, maar die meeste ontleders meen dit is onafwendbaar dat die inflasie op wêreldmarkte ook uiteindelik hierheen sal deursyfer.
Weghol-inflasie
Dr. Kobus Laubscher, hoofbestuurder van Graan SA, het op ‘n boeredag van Vrystaat Landbou buite Bloemfontein gewaarsku alle aanduidings is dat die (graan-) ”tekorte-tsoenami” Suid-Afrika ook gaan tref. As die rand aanhou verswak soos nou, is weghol-inflasie ook ons voorland. “Ons sal ons akkers in ‘n ry moet kry,” het hy gesê.
Daarom behoort Regeringbeleid daarop ingestel wees om boere in staat te stel om winsgewend voedsel te produseer sodat dit nie nodig is om teen ho?r pryse te moet invoer nie.
Die slegte nuus is egter dat die Regering reeds bang is vir ho? kospryse, en dat hy by die stembus vanjaar daaroor kan slae kry. Die gevaar is dat hy om dié rede prysbeheer kan oorweeg, “wat ‘n kwade dag sal wees”, het Laubscher gesê.
7 Februarie 2011