“Volgens die Voedsel-en-landbou-organisasie (VLO) van die Verenigde Nasies se voedselprysindeks wat die maandelikse verandering in internasionale pryse van ’n mandjie voedselkommoditeite meet, was daar ’n welkome ongeveer 2%-daling vanaf Mei tot 154 punte in Junie,” sê me. Casey Delport, beleggingsontleder by Anchor Capital.
“Hierdie derde agtereenvolgende daling is hoofsaaklik aangedryf deur ’n afname in die pryse van plantolies, graan en suiker.
“Die daling in plantoliepryse het saamgeval met Indonesië se besluit om sy beleidsvoorstelle om die uitvoervolumes van palmolie te beperk, om te keer. Dit het sekerheid oor die beskikbaarheid van palmolie bewerkstellig ná die kommer vanaf invoerlande van palmolie, Suid-Afrika ingesluit, oor die beoogde beperking.