AFGRI
BEAN
05 Okt
-
8990
-26,00
CORN
05 Okt
-
4791,2
-10,80
SOYA
05 Okt
-
9240
-25,00
SUNS
05 Okt
-
10200
-10,00
WEAT
05 Okt
-
7205
36,00
WMAZ
05 Okt
-
4952,8
36,80
YMAZ
05 Okt
-
4870
14,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Voedselsekerheid: Kleinboere 'n bate

Kleinskaalse boere word in die debat oor voedselsekerheid en voeding as deel van die oplossing beskou.

Waar kleinskaalse boere voorheen as deel van die probleem beskou is, word hulle nou in 'n ander lig gesien, sê me. Maryam Rahmanian, ondervoorsitter van ‘n hoëvlak-paneel van kundiges van die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO).

'n Verslag oor belegging in kleinskaalse boere wat die paneel verlede jaar vir die FAO se komitee vir wêreldvoedselsekerheid (CFS) opgestel het, wys hulle dra by tot produksie, ekonomiese groei, en stabiliteit en voedselsekerheid.

Hierdie internasionale siening geld egter nog nie noodwendig in alle lande nie, sê Rahmanian. Sy het 'n opsomming van die verslag gegee by ‘n gespreksessie tussen die stuurkomitee van die paneel en Suid-Afrikaanse belanghebbendes wat by die Universiteit van Pretoria (UP) gehou is.

Die stuurkomitee het einde April die eerste keer sy sesmaandelikse vergadering in Pretoria gehou, danksy die feit dat prof. Sheryl Hendriks, direkteur van die UP se Instituut vir Voedsel, Voeding en Welsyn (IFNuW), ‘n lid is.

Arbeid is grootste belegging
Volgens Rahmanian kom die grootste belegging in kleinskaalse boerderye van die boere self, veral in die vorm van arbeid.

Die definisie van kleinskaalse boere is moeilik om internasionaal vas te pen, maar syfers uit 81 lande, wat 84% van die wêreld se bevolking verteenwoordig, toon dat 73% van boerdery-eenhede kleiner as 1 ha is.

Rahmanian sê in lande soos Brasilië en Indië word die getal boerdery-eenhede al meer, terwyl die gemiddelde inkomste daal. Die teenoorgestelde gebeur in Amerika en Frankryk.

Nasionale visie nodig
Die paneel het aanbeveel dat elke land ‘n nasionale visie oor kleinskaalse boere moet hê, wat in ‘n forum onderhandel is waar verskeie belanghebbendes betrokke was.

Dan moet daar belê word in bates (menslik, natuurlik en finansieel) en die skep van beter toegang tot nuwe en bestaande markte.

Suid-Afrikaners kon tydens die gespreksessie insette lewer tot die verslag wat die paneel nou opstel oor kritieke en opkomende kwessies oor voedselsekerheid en voeding.

Prof. Colleen Vogel van die UP se departement van geografie, het gesê dit is belangrik om veranderlikheid rakende klimaatsverandering na te vors.

Volgens prof. Julian May, direkteur van die instituut vir volhoubare ontwikkeling aan die Universiteit van Wes-Kaapland en ook direkteur van die nuwe sentrum vir uitnemendheid in voedselsekerheid, sal staatstoelaes aan swanger vroue tot groot voordeel van kinders se ontwikkeling strek.

Transformasie van landbou in Afrika moet deur die private sektor gedryf word, was die bydrae van prof. Richard Mkandawire, buitengewone professor aan die UP en ondervoorsitter van die vennootskap vir misstof en agribesigheid in Afrika.

Politieke leiers op die vasteland bewys volgens hom slegs lippediens aan kleinskaalse boere. Mnr. Jannie Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, het gesê toegang tot finansiering is 'n groot struikelblok vir kleinskaalse boere.

Byskrif: Die stuurkomitee van ‘n hoëvlak-paneel van kundiges van die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) se komitee vir wêreldvoedselsekerheid (CFS) het die eerste keer in Pretoria vergader. Van links is prof. Sheryl Hendriks van die Universiteit van Pretoria, lid van die komitee, prof. Per Pinstrup-Andersen, voorsitter, en me. Maryam Rahmanian, ondervoorsitter. Foto: CARIEN KRUGER

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.74
-0.6%
Rand - Pond
20.25
-0.1%
Rand - Euro
17.64
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.49
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,711.52
-0.9%
Silwer
20.64
-2.0%
Palladium
2,284.51
-1.6%
Platinum
923.10
-1.1%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,378
-0.8%
Alle aandele
65,830
-0.7%
Hulpbronne 10
63,463
-1.7%
Industriële 25
79,678
-0.5%
Finansiële 15
14,083
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou die mooi kant van die lewe wys
Ek is n boer van beroep maar dis nie net n beroep nie dis n passie om elke dag in die skepping te kan werk is n vooreg. Ek het n grood liefde vir die natuur en om tyd daar in te...
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot