AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Voëlgriep-beperkings op lewende hoenders

Boere moet registreer om lewende hoenders te verkoop weens die onlangse uitbreking van voëlgriep.

Kopers en verkopers van lewende hoenders het tot dusver optimisties gereageer op die Regering se instelling van vereistes vir hul bedrywighede. Dié voorwaardes is daarop gemik om te help keer dat die hoogs aansteeklike H5N8-voëlgriepvirus verder in die land versprei, nadat dit op twee kommersiële plase uitgebreek het.

Die Regering het eers 'n algehele verbod op die verkoop van lewende hoenders geplaas, maar dit is ná gesprekke met die bedryf met voorwaardes vervang, sodat diegene wie se lewensbestaan daarvan afhang, steeds sake kan doen. Dr. Ziyanda Majokweni, direkteur van die Bestuursagentskap vir Pluimveesiektes (PDMA), het aan Landbouweekblad gesê die reaksie van sowel boere (verkopers) en handelaars (kopers) was tot dusver baie goed.

Vereistes

Enigeen wat met meer as vyf lewende hoenders handel dryf, vir enige ander doel as regstreekse slagting by 'n geregistreerde slagplaas, moet die volgende voorwaardes nakom:

- Die verkopers, kommersiële boere inkluis, asook die handelaars wat die hoenders koop en verkoop, moet by die PDMA registreer. Dit is 'n eenmalige registrasie wat jaarliks hersien sal word. Dit behels tans die invul van 'n vorm, maar 'n aanlynproses gaan ontwikkel word. Die agentskap, 'n onafhanklike organisasie, sal rekord hou en inligting vertroulik hou;

- Verkopers en kopers het 'n verantwoordelikheid om toe te sien dat die ander party geregistreer is;

- Boere mag net lewende hoenders verkoop as 'n veearts of dieregesondheidstegnikus 'n sertifikaat uitgereik het dat dit gesond is. Hulle moet dié reëlings self tref; en

- Handelaars mag net gesonde hoenders verkoop en moet voorgeskrewe rekords hou. Hulle moet maandeliks 'n rekonsiliasievorm by die PDMA indien.

Naspeurbaarheid

Majokweni sê die maatreëls is op naspeurbaarheid gemik. “As ons só rekord hou, is dit moontlik om na te spoor waar (lewende) hoenders vandaan kom en waar dit verkoop word, wat owerhede in staat stel om siekte-uitbrake te bestuur.”

Die hele bedryf sal baat by die voordele van die maatreëls, sê sy. “As alle rolspelers die maatreëls nakom, sal dit help om siektes soos voëlgriep en Newcastle-siekte te beheer. Dit beteken almal in die bedryf sal sonder beperking kan handel dryf en die beter beheer van siektes sal tot die oopstelling van nuwe markte bydra.”

Majokweni sê die gedagte is dat die maatreëls in plek sal bly, onderhewig aan verbeterings aan die stelsel wanneer nodig.

Navrae: Kontak die PDMA by tel. 012 529 8298 of webwerf poultrydiseases.co.za.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.28
+1.4%
Rand - Pond
22.43
+1.0%
Rand - Euro
19.85
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.22
+1.2%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
981.98
+1.0%
Palladium
1,444.54
+2.7%
Goud
1,967.98
+1.4%
Silwer
22.93
+2.4%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,757
+1.4%
Alle aandele
75,243
+1.3%
Hulpbronne 10
65,777
+0.2%
Industriële 25
101,692
+1.8%
Finansiële 15
15,282
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Saam dinge aanpak !
Ek is n eerlikke opregte reguit man Hou nie van komplikasies nie Gryp die bul by die horings Hou van rondry en nuwe plekke plaaslik en oorsee besoek !! Positiewe uitkyk op lewe...
Blank
Ek is redelik jonk van gees. Hou van dans en kook. 'N sin vir humor is belangriker as 'n resiesfiets.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot