
Uitbrekings van die gevreesde voëlgriep is in Duitsland, Brittanje en Nederland aangemeld.
Luidens ’n berig op Boerderij.nl is ’n geval van voëlgriep in die omgewing van Houten, net suid van die stad Utrecht, gevind. Luidens die berig sal die mark vir hoendervleis en eiers onder groot druk kom.
Die uitvoer van Nederlandse pluimveeprodukte is vir 72 uur verbied, mits geen nuwe gevalle voorkom nie.
Volgens mnr. Jan Odink, voorsitter van die vereniging van die Nederlandse Pluimveeverwerkende Industrie, is 25% van die hoendervleis wat uitgevoer word, vir markte buite die EU bestem. Twee van elke drie eiers wat in Nederland geproduseer word, is vir Duitsland bestem.
Volgens ’n berig op Global Meat News is die uitbreking van voëlgriep in Brittanje en Nederland aangemeld nadat die H5N8-virus vroeër die maand in Duitsland gevind is.
Bronne: