
Ses nuwe uitbrekings van die hoogs patogeniese voëlgriep H5N1 is in Togo en Ghana in Wes-Afrika aangeteken.
Volgens die internasionale organisasie vir dieregesondheid (OIE) is daar twee gevalle in Togo se Maratime-streek by hoenderplase sonder biosekerheidsmaatreëls, waar meer as 11 000 voëls gevrek het en nog 3 030 van kant gemaak moes word.
In Ghana is nog vier uitbrekings aangemeld – drie in die Groter Accra-streek en een in die sentrale streek – waarin meer as 1 400 voëls gevrek het en 936 van kant gemaak moes word. Dié virus het die afgelope twee jaar ook tot grootskaalse verliese gelei in Burkina Faso, die Ivoorkus, Niger, Nigerië en Kameroen.
Bron:
The Poultry Site