AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Voëlgriep: Regering aangespoor om boere te vergoed vir uitskot van pluimvee

akkreditasie
Hoewel Astral Foods se praktyke vir biosekerheid aan internasionale standaarde voldoen, kon hy nie keer dat hoogs aansteeklike voëlgriep op van sy pluimveeplase uitbreek nie. Foto’s: Verskaf deur Astral Foods
Hoewel Astral Foods se praktyke vir biosekerheid aan internasionale standaarde voldoen, kon hy nie keer dat hoogs aansteeklike voëlgriep op van sy pluimveeplase uitbreek nie. Foto’s: Verskaf deur Astral Foods
Die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf doen ’n beroep op die regering om boere te vergoed wanneer hulle ingevolge wetgewing oor dieregesondheid pluimvee van kant moet maak weens hoogs aansteeklike voëlgriep.

Die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf doen ’n beroep op die regering om boere te vergoed wanneer hulle ingevolge wetgewing oor dieregesondheid pluimvee van kant moet maak weens hoogs aansteeklike voëlgriep. Die gebrek aan vergoeding kan pluimveeboere laat besluit om nie hul voëls uit te skot nie om verwoestende finansiële verliese, wat daartoe kan lei dat hul bedrywighede permanent moet sluit, te probeer vermy.

Mnr. Izaak Breitenbach, hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging se braaikuikensorganisasie, sê Suid-Afrika moes weens die jongste voëlgriepuitbreking wat middel April 2021 begin het, reeds meer as 2,7 miljoen van die sowat 179 miljoen voëls in die kommersiële hoenderbedryf van kant maak. Van hierdie voëls was teelpluimvee vir die kommersiële braaihoenderbedryf en lêhenne. Die situasie hou dus nou ’n beduidende bedreiging in vir die beskikbaarheid van kommersiële voëls in die afsienbare toekoms.

Hy sê die voëlgriepuitbreking van 2017 het tot verliese van meer as R1,7 miljard gelei. Dit het die bedryf drie jaar gekos om te herstel. Die aanvanklike ongunstige impak van die uitbreking vanjaar is goed bestuur, met feitlik geen verspreiding van plaas tot plaas nie. Dit kan toegeskryf word aan die streng biosekerheidsprotokolle wat produsente sedert die uitbreking van 2017 toepas. Die onluste in Julie in KwaZulu-Natal en die gepaardgaande plaasinvalle het egter veroorsaak dat die siekte in die hoëdigtheid-pluimveeproduksiegebiede in die provinsie versprei.

Mnr. Gary Arnold, besturende direkteur van die landbouafdeling van die geïntegreerde pluimveemaatskappy Astral Foods, sê hoewel Astral merkwaardige suksesse behaal het met sy praktyke om die verspreiding van voëlgriep te stuit, moes die maatskappy reeds ongeveer 220 000 van sy teelbraaihoenders – ongeveer 6% van sy totale teelvoorraad – van kant maak.

Hy sê hoewel dit dikwels baie moeilik was om die oorsprong van enige voëlgriepbesmettings op Astral se plase te bepaal, word vermoed dit kom van wilde voëls en watervoëls wat by nabygeleë oop water bymekaargekom het, of van naburige plase wat nie aan Astral behoort nie. Op sulke plase is voorkomende bioveiligheidsmaatreëls dalk swak toegepas of die siekte is swak bestuur. “Wind kan die virus ’n aantal kilometers dra.”

Arnold sê die regering behoort pluimveeboere te vergoed vir voëlgriepverwante verliese. “Die amptenare van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling is uit voeling met die situasie ter plaatse as dit by die behandeling van hierdie siekte op nasionale vlak kom. Die plaaslike hoenderbedryf kry geen ondersteuning nie, anders as in die meeste ontwikkelde lande reg oor die wêreld waar ’n omvattende program bestaan om uitbrekings te bestuur en die siekte uit te wis. Dit sluit vergoeding aan produsente in.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.9%
Rand - Pond
20.13
-0.2%
Rand - Euro
17.68
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.56
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,695.16
-1.0%
Silwer
20.06
-2.9%
Palladium
2,188.50
-3.2%
Platinum
915.50
-1.1%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Op soek na my "one and only"
Ek is Afrikaans maar gaan die volgende in Engels skryf. Hi. I'm Johan. I'm successful, love my job and content with life. Love music, food and love the beach. and my...
Sprankelende nooi opsoek na opregte man
Ek is n vrou wat baie gou vir mense omgee en altyd wil help waar ek kan. My hart is baie sag. As ek lief is vir iemand dan gee meer as net 100% ek beskerm, versorg , bederf, gee...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot