AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9347
7,00
CORN
29 Sep
-
4790
13,00
SOYA
29 Sep
-
9420
59,00
SUNS
29 Sep
-
10200
226,00
WEAT
29 Sep
-
7099,4
28,40
WMAZ
29 Sep
-
4885,4
3,40
YMAZ
29 Sep
-
4853,8
25,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Voerkrale: Ondersoek kan vleisbedryf knou

Die ondersoek van die kompetisiekommissie na beweerde sameswering in die voerkraalbedryf in 'n periode waartydens rooivleis die duurste in jare is, kan die bedryf groot skade berokken.

Ingeligtes in die vleisbedryf meen die tydsberekening van die ondersoek in kartelvorming en prysvasstelling onder sewe van die grootste voerkrale in die land is verkeerd, aangesien die klag reeds 18 maande gelede by die Kompetisiekommissie ingedien is, toe die vleisbedryf en veral voerkrale onder enorme druk verkeer het.

Die droogte het in daardie stadium die aanbod van kalwers aan voerkrale die hemel laat inskiet en die prys van mielies tot op rekordhoogtes gedruk.

Weens die ooraanbod van kalwers het die prys teen die vloer geval, maar voerkrale voer aan dat hulle steeds nie veel geld gemaak het nie, juis omdat voer duur was en kleinhandelaars die ooraanbod met lae aankooppryse vir rooivleis uitgebyt het.

“Indien daar hoegenaamd sameswering en prysvasstelling is, sal dit in so 'n situasie plaasvind, nie nou nie,” meen ’n bron na aan die bedryf wat anoniem wil bly.

Tydsberekening verkeerd

Dr. Pieter Prinsloo, ondervoorsitter van die RPO en lid van die veldvleisvereniging van Suid-Afrika (GFASA), meen egter die voerkrale se reaksie op die ondersoek is prysenswaardig.

“Mnr. Louw van Reenen van Beefmaster het byvoorbeeld onmiddellik op sosiale media te kenne gegee dat hy die proses verwelkom. 'n Bedryf wat konkel en iets het om weg te steek, sal nie so reageer op die situasie nie.

“Dit is egter nie goed vir 'n bedryf waarvan die verbruikerspryse tans baie hoog is nie. Die ondersoek kan maklik in verbruikersweerstand ontaard deurdat die verbruiker te nagekom voel en dus eerder hoender, vis of vark koop,” verduidelik Prinsloo.

Mnr. Louw van Reenen, die uitvoerende hoof van Beefmaster, het in 'n persverklaring sy samewerking in die proses bewillig. “Beefmaster gee sy volle samewerking om die Kompetisiekommissie by te staan met die ondersoek en glo die proses is gesond vir die bedryf,” lui die verklaring.

Volgens mnr. Arnold Pretorius, uitvoerende hoof van Karan Beef, was hulle totaal verras deur die ondersoek. “Ons het die kompetisiekommissie egter verwelkom op die perseel, want ons het niks om weg te steek nie.”

Geen salf te smeer

“Ons het gerugte gehoor dat die ondersoek draai rondom beweringe dat voerkrale saamsweer om die kalf-prys laag te hou. Die kalfprys is tans die hoogste wat dit in die geskiedenis was.

“Daar is egter min salf te smeer aan die verbruiker se ingesteldheid op die kort termyn. Ek is bekommerd dat die verbruiker gaan dink die bedryf is nie betroubaar nie, maar ons kan tans niks daaraan doen nie.

"Ons het nie iets om weg te steek nie en ons kan net hoop dat die proses so vinnig as moontlik sy gang gaan,” verduidelik Pretorius.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.06
-1.3%
Rand - Pond
19.92
-2.5%
Rand - Euro
17.60
-1.3%
Rand - Aus dollar
11.68
-0.4%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Goud
1,650.67
-0.6%
Silwer
18.57
-1.7%
Palladium
2,216.00
+3.0%
Platinum
865.00
-0.2%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
56,717
-1.2%
Alle aandele
63,062
-1.2%
Hulpbronne 10
59,228
+2.3%
Industriële 25
76,651
-2.4%
Finansiële 15
13,703
-2.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Met n kitaar in die hand en liefde in my hart
Ek is vriendelik en n aangename mens om mee tyd te spandeer en is altyd besig om te lag. Ek stel altyd belang om te luister na ander se lewens stories
I Just love my life..... What about you....
I am a Lady with strong values in life. What you see is what you get. A plain Jane. Love the outdoor and try to make the best of each day. Elke nuwe dag is net geleen vir ons....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot