AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Voerproduksie met vlieë lok belegging

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
NutriGrubs is heel, gedroogde vlieglarwes met hoë vlakke van proteïen en kalsium. Dit kan in pluimveevoer gebruik word. Foto: Inseco
NutriGrubs is heel, gedroogde vlieglarwes met hoë vlakke van proteïen en kalsium. Dit kan in pluimveevoer gebruik word. Foto: Inseco
’n Plaaslike onderneming wat vlieë gebruik om produkte te maak, het goeie reaksie gekry op sy versoek om belegging in sy beoogde uitbreidings.

Die batebestuursmaatskappy Futuregrowth het ’n groot belegging gemaak in die Kaapstadse onderneming Inseco, wat swart soldaatvlieë gebruik om voerprodukte te produseer.

Mnr. Amrish Narrandes, hoof van ongenoteerde ekwiteit by Futuregrowth, sê die belegging strook met die maatskappy se filosofie vir verantwoordelike belegging.

“In teenstelling met tradisionele proteïenbronne het insekproteïen ’n inherent laer omgewingsimpak omdat die proses voedselvermorsing regstreeks verminder, minimale kweekhuisgasvrystellings behels, beperkte watergebruik het en geen bewerkbare grond nodig het nie.”

Insekproteïen het volgens hom verder baie goeie voedingswaarde sodat voeromsettingskoerse hoër is, vergeleke met tradisionele proteïenbronne.

Narrandes sê in ’n inligtingstuk wat hy en me. Ayanda Bolani, beleggingsontleder by Futuregrowth, geskryf het, dat Inseco in Februarie vanjaar $5,3 miljoen (R84 miljoen) nodig gehad het in een van die grootste aansoeke om saaikapitaal in Suid-Afrika se geskiedenis.

Futuregrowth het deur sy ontwikkelingsekwiteitsfonds as die leidende belegger deelgeneem. Dit strook met sy toenemende toespitsing daarop om in innoverende en volhoubare inisiatiewe oor die hele landbouwaardeketting te belê, veral in dié wat ’n gunstige uitwerking op die planeet het.

Inseco skakel laewaarde- organiese byprodukte om in hoëgehalte-proteïen, olies en kunsmis. Sy vlagskipprodukte, EntoMeal en EntoOil, is voedsame en volhoubare alternatiewe tot konvensionele produkte soos vismeel en visolie, met ’n duidelike opbrengs vir die omgewing.

Insecto verskaf tans produkte aan die plaaslike akwakultuur-, troeteldiervoer- en pluimveemark.

Die maatskappye beoog om na die res van Afrika, Europa en Amerika uit te brei en gaan die belegging gebruik om sy vervaardigingskapasiteit te verhoog en voortgesette navorsing en ontwikkeling te finansier.

Mnr. Simon Hazell, uitvoerende hoof van Inseco, beskou insekboerdery as die perfekte oplossing vir die wêreldwye voorkoms van voedselvermorsing en bevolkingsgroei.

Daar word voorspel dat die wêreldvraag na insekproteïen teen 2030 500 000 ton/jaar kan wees, vergeleke met huidige produksie van 10 000 ton. Hoewel daar baie potensiële gebruike vir insekproteïen is, word geraam dat die grootste vraag uit die mark vir troeteldier- en akwakultuurvoer sal kom.

Die waarde van die internasionale troeteldiermark word op $38 miljard (R602,5 miljard) geraam en die voorspelling is dat die waarde van die insekproteïenmark teen 2027 $4,6 miljard (R73 miljard) kan beloop.

Bolani sê Inseco is ’n markleier en sy bestuurspan het ná jare van navorsing en ontwikkeling gevorderde voorloper-verwerkingsvermoë ontwikkel, wat dit ver voor sy mededingers plaas. Dit is tans die grootste insekproteïenprodusent in die Suidelike Halfrond en die enigste maatskappy in Suid-Afrika wat ontvette insekmeel en -olie kan produseer, waarna daar internasionaal ’n groot vraag is. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
+0.3%
Rand - Pond
19.33
+0.0%
Rand - Euro
17.28
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,629.04
+0.4%
Silwer
18.40
+0.2%
Palladium
2,076.27
+1.6%
Platinum
853.51
+0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot