AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Voerpryse, voëlgriep, beurtkrag en onrus eis hul tol van Astral

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Astral
Foto: Astral
Die skerp stygings in voerpryse, maar ook ander buitengewone koste het die pluimveeprodusent Astral Foods se wins in sy jongste boekjaar benadeel.

Die skerp stygings in voerpryse, maar ook ander buitengewone koste het die pluimveeprodusent Astral Foods se wins in sy jongste boekjaar benadeel, selfs al het braaihoendervleis se pryse gestyg.

Sy pluimvee-afdeling se bedryfswins het met 50,3% gedaal en die groep as geheel se bedryfswins uit voortgesette bedrywighede met 12%.

Die maatskappy sê in ’n verklaring wat met die bekendstelling van sy resultate vir die jaar tot einde September 2021 uitgereik is, ondanks die moeilike omstandighede, wat die hele pluimveebedryf onder druk geplaas het, kon hy wel stewige finansiële resultate behaal.

Die hoë pryse vir mielies en sojameel is deur faktore in die internasionale voergraanmarkte aangedryf. In ’n verbruikersmark wat die swak ekonomie en die uitwerking van covid-19-inperkings weerspieël het, kon die hoër koste van produksiemiddele nie heeltemal na verbruikers deurgegee word nie.

Mnr. Chris Schutte, uitvoerende hoof, sê in die Suid-Afrikaanse ekonomie is daar rekordhoë vlakke van werkloosheid en besteebare inkomste is ernstig onder druk, “wat die vermoë om hoër koste van produksiemiddele te verhaal, beperk en die bedryf onder druk plaas.

“Nieteenstaande die baie goeie Suid-Afrikaanse mielie-oes vir 2021, wat na verwagting in 2022 herhaal sal word, sien ons steeds wisselvallige grondstofmarkte weens internasionale vraag- en aanbodfaktore.” 

Buitengewone koste

Die maatskappy se resultate is ook beïnvloed deur ’n hele paar buitengewone uitgawes, naamlik voëlgriep in die groep se bedrywighede vir teelbraaihoenders in Gauteng (teen ’n koste van R49 miljoen), nasionale beurtkrag en voortgesette probleme met munisipale dienslewering in Standerton (R27 miljoen), voortgesette covid-19-verwante koste (R14 miljoen) en die onrus en plundery in KwaZulu-Natal en Gauteng (R18 miljoen) wat groot ontwrigting in die voorsieningsketting veroorsaak het.

Ondanks al die probleme was sy verdienste vir die jaar R15,9 miljard, 13,9% hoër as in die vorige boekjaar. Die pluimvee-afdeling het 81% hiertoe bygedra. 

Meer braaihoenders geslag

Astral het in die boekjaar 4,8% meer braaihoenders geslag danksy die uitbreidings by sy Festive-aanleg in Gauteng. Sy verkoopsvolume het met 6,4% gestyg en dit sluit verkope in uit voorraad wat in 2020 weens die covid-19-inperkings begin opbou het.

Braaihoendervleispryse was in die verslagtydperk 8,1% hoër as in die vorige boekjaar, wat die poging weerspieël om die beduidende styging in voerpryse te verhaal. Astral sê die pryse het eers in die laaste kwartaal van sy jongste boekjaar herstel tot voor-covid-19-vlakke.

Die prys van voer vir braaihoenders was 15,8% hoër, met voerkoste wat sowat 68% van die koste van ’n lewende braaihoender verteenwoordig.

Voer-afdeling

In Astral se voerafdeling het die verkoopsvolume met 2% gestyg danksy groter interne behoefte met die uitbreiding in produksie, maar die uitwerking hiervan is teëgewerk deur ’n daling van 3,6% in eksterne verkope wat veroorsaak is deur die druk wat alle lewendehawemarkte weens die hoër voerpryse ervaar het

Ander Afrika-bedrywighede

Astral Foods het in die boekjaar sy belang in bedrywighede in Swaziland verkoop en is ook besig om sy belang in bedrywighede in Mosambiek te verkoop. Albei transaksies het gevolg op aanbiedinge deur voornemende kopers.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot