AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Volg varkbedryf met gehalteverbetering

Die plaaslike varkbedryf kan die rooivleis-sektor in sy geheel bystaan met gehalteverbetering.

Die verantwoordelikheid om die rooivleisbedryf in ’n gerekende wêreldspeler te omskep gaan by hardebaard-rooivleisboere lê, en die rol van heffings om dié pogings te finansier moet nie onderskat word nie.

Só het mnr. David Osborne, uitvoerende direkteur van die Suid-Afrikaanse Varkvleisprodusente-organisasie (Savpo) op die onlangse rooivleiswerksessie gesê, waar hy van dié bedryf se suksesse aan die gehoor uiteengesit het.

“Die plaaslike varkbedryf slag sowat twee miljoen varke per jaar met ’n gemiddelde gewig van 75 kg elk. Die huidige heffing op varkvleis is R10,50 per vark, terwyl die heffing op beesvleis R9,45 per kop is. Die prys van die dier, plus die slagtarief, beloop in die geval van varke gemiddeld R30,50 per kilogram en vir beeste is dit R42 per kilogram.

“Dit beteken dan dat die waarde van ’n vark sowat R2 287,50 is en ’n bees s’n R10 290.”

‘Hopeloos te laag’

Osborne het gesê die heffing op varke beloop 0,46% van die dier se waarde, maar vir beeste is dit slegs 0,09%. “Hierdie heffing moet drasties verhoog word, veral as die 0,46%-heffing op varke met dié van beeste vergelyk word en ’n bedrag van R47/kg verkry word.

Die beesbedryf se tariewe is hopeloos te laag,” het hy gesê. Osborne skryf ’n deel van die varkbedryf se sukses toe aan die tydige heffing wat onder meer aangewend word om die beeld van die varkbedryf te verbeter, die verbruiker op te lei, navorsing te doen en met die publiek te skakel. Die geld word ook vir transformasie aangewend.

Osborne sê die varkbedryf het verlede jaar meer as R26 miljoen aan dié inisiatiewe bestee. “Die doel van die heffings is om die bedryf deurentyd vroegtydig te verbeter. Dieselfde kan met die rooivleisbedryf gebeur, maar dan gaan dit die verantwoordelikheid van die rooivleis produsent wees om sy deel by te dra.

Waarborg

“Ons het hier ’n gulde geleentheid om te besluit waar die rooivleisbedryf heen gaan. Van die belangrikste kwessies wat getakel moet word, is dié van uitvoer, naspeurbaarheid en biosekerheid,” sê Osborne.

Die plaaslike varkbedryf het reeds ’n nasionale gehaltewaarborgskema wat klem lê op die boer, die slagplaas en die verwerker. Die sertifisering onder dié skema waarborg aan die verbruiker en kleinhandelsek tor dat die produsent se produksieproses volhoubaar is, aan minimumstandaarde voldoen en varkvleis van hoë gehalte lewer.

Varkboere kan kies of hulle daaraan wil deelneem. “Die stelsel kyk onder meer na fasette, soos biosekerheid, naspeurbaarheid, afvalbestuur, korrekte behuising en dierewelsyn. Ons het ook oor die afgelope twee jaar reeds die samewerking van twee kleinhandelaars verkry.

“Indien die rooivleisbedryf volhoubaar vleis van ’n hoë gehalte wil uitvoer, sal ’n soortgelyke program wat naspeurbaarheid en biosekerheid voorop stel, noodsaaklik wees. Albei hierdie aspekte is egter vir die produsent se sak,” sê Osborne.

Vaardighede

Hy waarsku dat indien die aspekte nie gereed is nie en ’n dieregesondheidskrisis ontstaan dalk, kan dit die rooivleisbedryf tot niet maak. Verder is geld en vaardighede ononderhandelbaar om van die bedryf ’n lewensvatbare uitvoerder te maak.

Hy het aan belanghebbendes gesê om van die bedryf ’n lewensvatbare uitvoerder te maak, is geld en vaardighede ononderhandelbaar. “Ons gaan mense in diens moet neem wat vaardighede, kennis en visie ten opsigte van die internasionale rooivleismark het. Dit gaan nie ’n maklike paadjie wees nie, maar dit het tyd geword om hierdie mense te identifiseer, hulle in diens te neem en die rooivleisbedryf op die voorvoet te plaas,” sê hy.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot