AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Volstruisbedryf kan weer uitvoer

Volstruisvleis, behalwe dié van voëls van die Klein-Karoo, mag vanaf Oktober weer na die Europese Unie uitgevoer word.

Volstruisvleis, behalwe dié van voëls van die Klein-Karoo, mag vanaf Oktober vanjaar weer na die Europese Unie (EU) uitgevoer word, sê die Volstruisbesigheidskamer (VBK).


Mnr. Anton Kruger, uitvoerende hoof van die VBK, sê hulle verwag dat uitvoer op 6 Oktober hervat sal word.


Hy sê hulle is baie verlig oor dié nuus. Die bedryf verloor sedert April vanjaar maandeliks sowat R108 miljoen omdat die uitbreking van die H5N2-virus, ’n vorm van voëlgriep, tot die opskorting van die uitvoer van volstruisvleis gelei het.  “Die uitvoer kan dié verlies halveer,” vertel Kruger.


“Wat die Klein-Karoo betref, verwag ons om eers teen Desember meer oor uitvoerbesluite te hoor, veral ná die virus onlangs op nóg plase in die distrik gevind is,” aldus Kruger. Sowat 33 000 volstruise moes al op 33 plase van kant gemaak word.


Strenger maatreëls

Volgens Kruger sal strenger maatreëls nou op uitvoer van toepassing wees. “’n Bykomende toets moet gedoen word en die tydperk vir toetsing is verkort.”


Vroeër is slegs bloedtoetse gedoen, maar volgens die nuwe maatreëls moet bloedmonsters en deppers (swabs) geneem word van die diere wat vir die slagplaas geoormerk is. Die toetstydperk is van 28 dae tot 21 dae verkort.


“Dié vereistes gaan bykomende koste vir die bedryf meebring, maar dit is beter as wat die bedryf glad nie kan uitvoer nie,” verduidelik Kruger.


Ramphulp

Kruger sê intussen wag hulle op die Land Bank om oor hulp aan boere te besluit. Die bedryf het vroeër vanjaar aansoek gedoen om die eerste bedryf te wees wat tot ’n rampbedryf verklaar word.


As deel van dié aansoek het hulle die Land Bank gevra om boere te help met lenings teen laer rentekoerse as wat markgegewe is. 


Volgens Kruger vorder die toepassing van die Departement van Arbeid se opleiding-afleggingskema in die Klein-Karoo goed. Boere wat hierom aansoek doen, ontvang hulp van die staat en werkers word nie in die ware sin van die woord “afgelê” nie.


Die boer moet wel die heeltydse werkers se pensioen- en mediese bydraes betaal, maar die staat betaal vir ’n tyd lank om die werkers te laat heroplei asook 75% van die werkers se salarisse.


12 September 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.11
+0.2%
Rand - Pond
22.33
+0.4%
Rand - Euro
19.63
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.11
+0.6%
Rand - Jen
0.14
+1.5%
Platinum
966.81
+0.7%
Palladium
1,432.30
+1.1%
Goud
1,964.91
-0.5%
Silwer
23.28
-0.2%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot